’n Ha­we

Tuis - - KOMBUISE -

“My wens­lys was baie, baie lank vir die nu­we kom­buis,” ver­tel Zen­dré. “Ont­hou, Paul het die vo­ri­ge kom­buis op ’n jong en­kel­lo­per se be­gro­ting ont­werp.” In ’n neu­te­dop was hul be­hoef­tes: ’n huis­li­ke, plaas­huis-at­mos­feer met ge­noeg kui­er­plek, ge­rief­li­ke pak­plek en laaie, ’n a­par­te op­was­ver­trek en ’n spens. “Dit moes ons ha­we wees,” sê sy.

“Die uit­leg is won­der­lik, maar ek raak gou ver­veeld met af­wer­kings. Met die ge­verf­de kas­te kan ek ge­luk­kig mak­lik die kleur ver­an­der.

“My guns­te­ling-ont­werp-as­pek is eg­ter hoe lek­ker ons kan kui­er, én hoe ge­or­den al­les nou is. El­ke ding het ’n be­paal­de plek.”

Met twee jong seuns, Ni­co en Ju­an, het sy mooi be­sin oor die nu­we oop­plan­kom­buis-en-leef­ver­trek se af­wer­kings. “Al­les moes mak­lik kan skoon­maak,” sê sy. “Die kom­bi­na­sie van leer­ban­ke en vi­niel­vloe­re is ’n wen­ner.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.