Vol­kleur

Tuis - - KOMBUISE -

Om el­ke hoek en draai is daar ’n ver­ras­send pret­ti­ge in­stal­la­sie, soos die Pe­a­nuts-af­druk­ke in die seuns se ka­mers of die ver­sa­me­ling hui­sies teen die kom­buis­muur.

Die oor­spronk­li­ke huis het ge­ëin­dig waar dié lees­ka­mer (oor­kant, regs on­der) – voor­heen Ni­co se slaap­ka­mer – nou is.

Zen­dré ver­tel die swart­hout­bed in die gas­te­ka­mer ( oor­kant) was al­tyd een van die mooi­ste stuk­ke in haar ma se huis. “Ek ver­lang nog steeds na haar as ek die bed sien,” sê sy.

Die nu­we dub­bel­vo­lu­me-leef­ge­deel­te waar die braai­stoep is, is in 2012 aan­ge­bou. Dit het groot glas­deu­re so­dat jy heel­pad van die kom­buis af deur die leef­ver­trek­ke en braai­ka­mer tot op die braai­stoep kan kyk. Paul is dol oor braai, ver­al skaap­tjops en die wors wat sy pa, Ni­co, self maak.

Vyf­tien jaar la­ter bly en kui­er die Cor­betts nog net so lek­ker soos in hul bos­braai­dae. En as jy vir Paul soek, sal jy hom waar­skyn­lik voor ’n braai­vuur kry – dis nou as die he­le ge­sin nie saam kui­er in die kom­buis nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.