Die pro­ses

Tuis - - OPKNAP -

Eers is al die deu­re van die kas­te af­ge­haal en ge­skuur. “Ons het 60-grint-skuur­pa­pier ge­bruik om die dik lae ver­nis af te kry en daar­na 120-grint-pa­pier vir ’n glad­de af­wer­king,” sê Mar­le­ne. “Ek het som­mer my muis­skuur­der ge­bruik, maar fyn hoe­kies moet liefs met die hand ge­skuur word.”

Om­dat Mar­le­ne die hout tot sy rou toe­stand af­ge­skuur het, was ’n on­der­laag nie no­dig nie. Maar as jy on­se­ker is of al die ver­nis af is, raai sy jou aan om tog maar ’n on­der­laag te ge­bruik – e­ni­ge pro­duk soos Plas­con Wood P­ri­mer of Du­lux Wood P­ri­mer.

Hier­na is die deu­re met twee lae PVA ge­verf; Mar­le­ne het verf van Sa­b­re Paints ge­kies en die lig­grys kleur is spe­si­aal ge­meng.

Jy kan ook e­ni­ge e­mal­je­verf met ’n wa­ter­ba­sis, soos Plas­con Vel­vag­lo of Du­lux Pe­ar­lglo, ge­bruik. Twee lae is vol­doen­de; maak se­ker jy volg die droog­word­tye op die blik.

Vir af­ron­ding is die deu­re ge­se­ël met ’n deur­sig­ti­ge nie-po­li­u­re­taan-ver­nis met ’n mat voor­koms. “Selfs al ge­bruik jy ’n wa­ter­ba­sis-e­mal­je­verf pleks van PVA, is ver­nis ’n goeie ding,” sê Mar­le­ne, wat die werk­op­per­vlak­ke met Woodoc 10 Ind­oor Po­ly­wax Se­a­ler (Vel­vet) ver­nis het.

Die kas­te se me­la­mien­kar­kas­se is net so ge­laat, be­hal­we vir die rand wat uit­steek wan­neer die kas­deu­re toe is – dit moes ook in die­self­de kleur as die deu­re ge­verf word.

Die pro­jek het Mar­le­ne agt dae lank be­sig ge­hou.

Hout of me­la­mien?

Die pro­ses ver­skil nie veel nie: Net soos hout moet jy die me­la­mien lig­gies skuur met 80-grint-skuur­pa­pier – jy kan e­ni­ge hand­skuur­ma­sjien ge­bruik, maar wees ver­sig­tig om nie te hard te skuur nie, want jy wil nie hê die dun me­la­mien­laag moet af­kom nie. Vir me­la­mien kry jy spe­si­a­le on­der­lae soos Plas­con Ti­le and Me­la­mi­ne P­ri­mer en Du­lux Su­per­Grip; ver­der volg jy die­self­de pro­ses as vir hout.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.