#4

Tuis - - TVMURE -

Raam­werk

Lou­i­se Park-Ross, hoof­ont­wer­per by Good Clo­thing, se TV-muur is ’n pret­ti­ge kuns­werk. “Ek het nog nooit ’n TV be­sit nie, en toe ek dié een koop, het ek ’n punt daar­van ge­maak om dit nie ’n fo­kus­punt in my sit­ka­mer te maak nie,” ver­dui­de­lik sy. Lou­i­se het haar plat­sker­mTV slim tus­sen ’n ver­sa­me­ling kuns­wer­ke “ge­ka­moe­fleer”, wat dit deel van die gro­ter prent­jie maak ( fo­to blad­sy 62).

Lou­i­se is ’n op­per­ste skat­te­jag­ter en was maar te bly om in tweedehand­swinkels en vlooi­mark­te te kon rond­snuf­fel na die per­fek­te toe­voe­gings tot haar ver­sa­me­ling. “Die sleu­tel is om ’n ver­skei­den­heid vin­ta­ge-i­tems te kom­bi­neer met mo­der­ner il­lus­tra­sies om die voor­koms vars te hou. Ek het ook pro­beer werk met ver­skil­len­de vorms – vier­kan­te, reg­hoe­ke, sir­kels, o­va­le en let­ters – so­dat dit min­der ge­struk­tu­reerd en meer e­klek­ties is,” voeg Lou­i­se by.

En kyk net hoe ou­lik is die hout-ra­di­o­gram wat sy vir ’n ap­pel en ’n ei raak­ge­loop het – dis die per­fek­te plek om DVD’s en an­der losgoed te bê­re so­dat daar niks rond­lê wat die aan­dag van Lou­i­se se “mi­ni-ga­le­ry” sal af­trek nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.