Roos­ta­ke in Au­gus­tus

Ska­du­net rond­om ’n roos se stam.

Tuis - - HEININGS -

Au­gus­tus se wind kan mak­lik die kop­pe van hoog­stam­ro­se af­breek as dit nie vas­ge­maak is nie. Maak so, en keer ska­de: • Plant ’n steun­paal wat lank ge­noeg is dat die ent aan die kroon raak. Die i­de­a­le paal het ’n T-balk bo-aan waar­aan die kroon vas­ge­maak kan word om te ver­hoed dat dit ver­draai. • Draai re­pe ska­du­net om die paal en die stam, tot bo in die kroon. S­ty­ro­fo­am tus­sen die stam en paal sal keer dat jong plan­te se stam­me wurg ter­wyl dit dik­ker groei. • Maak se­ker die paal is nie te styf aan die stam vas­ge­bind nie. Moe­nie draad of ka­bel­bin­ders ge­bruik nie, om­dat dit in die stam­me kan in­sny – broe­kie­kous-re­pe of e­ni­ge breë vas­maak­ma­te­ri­aal

wat kan rek is i­de­aal. Steun

paal

As daar ’n vin­ni­ge ont­vou­ing van klein, groen bla­re is, dui dit meest­al daar­op dat die wor­tels nie ge­luk­kig is nie. Dis eint­lik die wor­tels wat sê: “Maak as­se­blief so gou moont­lik groen bla­re wat kool­hi­dra­te sal pro­du­seer om ons te ver­sterk; moe­nie tyd mors met knop­pe vorm nie.” ’n Moont­li­ke re­de is on­vol­doen­de wa­ter weens kom­pe­ti­sie met die wor­tels van bo­me, of hoogs ver­dig­te grond. Gra­we diep om die ro­se en voeg kom­pos of or­ga­nie­se ma­te­ri­aal by. As daar wor­tel­kom­pe­ti­sie is, plant die ro­se in pot­te oor en sit die pot­te te­rug in die grond, of skuif dit na ’n an­der plek. • As jy nog nie jou ro­se ge­snoei het nie, is la­ter in Au­gus­tus be­ter as nooit. In baie koue stre­ke is mid­del tot ein­de Au­gus­tus die bes­te tyd om te snoei. Daar is nog tyd om klim­ro­se te es­pa­lier en op te lei. • Deur­drenk die grond rond­om el­ke roos teen die ein­de van die maand met Koi­nor om ska­de deur klein en on­sig­ba­re in­sek­te aan nu­we bla­re en blom­knop­pe te keer. • Ro­se wat nie ty­dens die snoei­tyd be­mes is nie, moet nou met Vi­goro­sa be­mes word. As jy in Ju­lie be­mes het, kan jy tot ein­de Au­gus­tus of mid­del Sep­tem­ber wag voor jy weer be­mes.

V: Na­dat ek my ro­se ge­snoei het, pro­du­seer hul­le baie groen bla­re maar niks knop­pe nie. Hoe­kom?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.