V­leg­sel­pas­tei met ca­mem­bert

Tuis - - KOS -

Dié pas­tei is die mak­lik­ste van die ver­sa­me­ling om te maak en glo my, dit gaan har­te steel.

Ge­noeg vir 1 de­ka­den­te pas­tei Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te • Bak­tyd: 30 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 200 °C, dan 180 °C

• 400 g blaardeeg • 45 ml ui­e­mar­me­la­de of ge­ka­ra­mel­li­seer­de uie • 3 ron­de ca­mem­bert­ka­se • 12 re­pe Swart­woud­ham (Par­ma­ham is ook heer­lik, maar duur­der) • 1 ge­klits­te ei­er • ba­bakrui­e­blaar­tjies en in­ge­leg­de groen­vye

Voor­ver­hit die oond. Rol die blaardeeg op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak uit. Skep die ui­e­mar­me­la­de in ’n lyn oor die breed­te van die deeg. Draai die ron­de ka­se in­di­vi­du­eel toe met die ham en sit bo-op die uie. Sny die deeg weers­kan­te van die vul­sel in re­pe, verf met ge­klits­te ei­er en vleg die re­pe oor die vul­sel. Verf die pas­tei met ge­klits­te ei­er en sit dit op ’n ge­smeer­de bak­plaat. Bak vir 10 mi­nu­te, draai die hit­te af na 180 °C en bak vir nog 20 mi­nu­te of tot goud­bruin en gaar. Sit da­de­lik voor met ’n sprin­kel kruie en groen­vye. Die kom­bi­na­sie van warm kaas en deeg maak die pas­tei ’n heer­li­ke voor­ge­reg of lig­te ete saam met slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.