Maal­vleis­pas­tei­tjies

Tuis - - KOS -

Ge­noeg vir so­wat 12 half­maan­pas­tei­tjies Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te

• 30 ml o­lyf­o­lie en bot­ter • 1 ui, fyn­ge­kap • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap • 500 g lams­maal­vleis • 2 ml elk fyn won­der­pe­per, kol­jan­der, ko­myn en ca­yen­ne­pe­per • 1 groot ei­er­vrug, ge­skil, in blok­kies ge­sny en bruin­ge­braai • 15 ml ta­ma­ryn­pas­ta • 1 blik ge­kap­te ta­ma­tie • 30 ml ge­kap­te plat­blaar­pie­ter­sie­lie • ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen • 15 ml vars­uit­ge­druk­te suur­le­moen­sap • 100 ml ge­roos­ter­de den­ne­pit­te, op­si­o­neel

SUURROOMDE­EG • 350 g (620 ml) meel • 250 g bot­ter, by ka­mer­tem­pe­ra­tuur • 125 ml suur­room

As jy ’n voed­sel­ver­wer­ker het, maak die deeg som­mer daar­in deur al die be­stand­de­le vin­nig in die ma­sjien te pols tot dit ’n deeg­bal vorm. As jy dit met die hand maak, vryf die bot­ter in die meel tot dit soos grow­we brood­krum­mels lyk. Voeg die suur­room by en meng met jou hand tot die deeg by­me­kaar­kom. Druk die deeg ef­fens plat en ver­deel dit in twee ewe groot stuk­ke. Be­dek dit met kleef­plas­tiek en plaas dit min­stens ’n uur in die yskas.

Ver­hit die o­lie en bot­ter saam en braai die uie en knof­fel vir 3 mi­nu­te. Voeg die maal­vleis by en ver­bruin

S­pi­na­sie­pas­tei met fi­lo­deeg

Ge­noeg vir 1 x 22 cm-pas­tei Be­rei­dings­tyd: 35 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 45 mi­nu­te

• 8 vel­le fi­lo­deeg • so­wat 100 ml bot­ter, ge­smelt • 15 ml se­sam­saad, ge­roos­ter, vir sprin­kel VUL­SEL • 30 ml o­lyf­o­lie • 4 sel­de­ry­vin­gers, fyn­ge­kap • 6 spriet­uie, ge­kap • 400 g ba­bas­pi­na­sie­bla­re, ge­blan­sjeer en ge­drei­neer • so­wat 400 g fe­ta­kaas, grof­ge­krum­mel • 250 ml kor­rel­ri­ge maas­kaas • 50 ml vars plat­blaar­pie­ter­sie­lie, fyn­ge­kap • 50 ml dil­le, fyn­ge­kap • 2 ei­ers, ge­klits

Ver­hit die o­lie en braai die sel­de­ry en spriet­uie tot glan­send. Kap die ge­blan­sjeer­de spi­na­sie fyn en voeg by. Ver­wy­der van die hit­te en meng die o­ri­ge vul­sel­be­stand­de­le by. Geur na smaak met neut­mus­kaat, sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. 2 Voor­ver­hit die oond. Verf die fi­lo­vel­le een-een met bot­ter en sta­pel op me­kaar. Voer ’n 22 cm-los­boom­koek­pan met die deeg uit so­dat die hoe­ke oor die ran­de hang. Skep die vul­sel in die deeg en frommel die deeg wat oor­hang bo-op die vul­sel. Verf met bot­ter en sprin­kel met die se­sam­saad. Bak die pas­tei vir 25 mi­nu­te tot goud­bruin en bros. Laat dit vir 5 mi­nu­te staan voor jy dit sny. Wenk Jy kan ook die vul­sel en deeg tus­sen twee klein hart­vor­mi­ge 20 cm­koek­pan­ne ver­deel vir in­di­vi­du­e­le hoof­ge­reg­por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.