Ste­ak-en-Guin­ness­vleis­pas­tei­tjie

Tuis - - KOS -

’n Klas­sie­ke Ier­se kom­bi­na­sie.

Ge­noeg vir so­wat 12 klein pas­tei­tjies, af­han­gend van groot­te Be­rei­dings­tyd: 1 uur Gaar­maak­tyd: 3 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 °C

ROOM­KAAS-PAS­TEI­DEEG • 800 ml (450 g) koek­meel • 2 ml sout • 5 ml mos­terd­poei­er • 250 g bot­ter, by ka­mer­tem­pe­ra­tuur • 250 g glad­de room- of maas­kaas VUL­SEL • 1,5 kg dik­rib­skyf in 5 cm-blok­kies ge­sny • so­wat 60 ml meel • 5 ml fyn ko­myn • 5 ml fyn kol­jan­der • 5 ml fyn won­der­pe­per • o­lyf­o­lie (en ek­stra vir smeer) • 2 uie, in dun sky­fies ge­sny • 2 heel knof­fel­hui­sies, ge­kap • 2 wor­tels, ge­kap • 2 sel­de­ry­stin­gels, ge­kap • 340 ml Guin­ness • 1 tak­kie roos­ma­ryn • 500 ml tuis­ge­maak­te vleis­af­trek­sel • 1 ei­er, ge­klits

1 Voor­ver­hit die oond. Rol die vleis in die meel en geur met die fyn spe­se­rye. Braai dit in sar­sies in die o­lie tot goed bruin al­kan­te. Skep uit en braai die groen­te tot glan­send. Voeg die bier by en kook vir ’n mi­nuut ter­wyl jy al die aan­ge­bran­de bruin deel­tjies van die pan se bo­dem los­skraap. Skep saam met die vleis, roos­ma­ryn en af­trek­sel in ’n vuur­vas­te oond­bak met ’n nou­pas­sen­de dek­sel; be­dek en sit dit in die oond tot sag (min­stens 2 uur). Haal uit en laat heel­te­mal af­koel. 2 Sif die droë be­stand­de­le vir die deeg saam. Vryf die bot­ter met jou vin­ger­pun­te in tot los en krum­mel­rig. Voeg die room­kaas by en meng tot ’n sag­te deeg. Ver­deel die deeg in 4 de­le, vorm in plat sky­we en draai toe in kleef­plas­tiek. Laat rus vir 1 uur in die yskas voor ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.