Voor jy be­gin:

Tuis - - STAPVIRSTA­P -

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Smeer vyf ron­de 18 cm-koek­pan­ne met bot­ter, voer die pan­ne se bo­dems met bak­pa­pier uit en smeer die bak­pa­pier ook met bot­ter. Jy kan die koek in vier ron­de 21 cm-koek­pan­ne bak as jy nie so ’n hoë koek wil hê nie.

1 Room die ei­ers en strooi­sui­ker tot lig van kleur, en glad en don­sig van teks­tuur. Voeg die va­niel­je­geur­sel by. 2 Sif die meel, bak­poei­er en sout saam en vou dit by die ei­er­meng­sel in. Ver­hit die melk en bot­ter tot­dat die bot­ter ge­smelt is. Voeg dit by die be­slag en meng. 3 Ver­deel die be­slag in 5 ge­ly­ke de­le en kleur elk­een ’n an­der kleur met die jel-voed­sel­kleur­sel (net ’n paar drup­pels is no­dig – die kleur is meer in­tens as met ge­wo­ne kleur­sel). Maak se­ker die be­slag is ge­lyk­op ver­deel, an­ders gaan die koek­lae nie die­self­de hoog­te hê wan­neer dit klaar ge­bak is nie. Skep die ge­kleur­de be­slag in die voor­be­rei­de koek­pan­ne en bak vir 15 mi­nu­te of tot­dat ’n toets­pen skoon uit­kom. Laat die koe­ke ef­fens af­koel in die koek­pan­ne en keer dan uit op ’n af­koel­rak­kie. 4 Be­rei die ver­sier­sel deur al die be­stand­de­le saam te k­lits tot glad. Smeer ’n laag van die ver­sier­sel – vir eers net op 4 van die koek­lae – en sta­pel dan ver­sig­tig bo-op me­kaar. Sny nou ’n gat in die mid­del deur al 4 koek­lae met ’n skerp mes. Die gat moe­nie te groot wees nie – be­gin lie­wer met ’n klei­ner gat wat jy gro­ter kan sny. Ont­hou Die laas­te koek­laag kry nie ’n gat nie, dis die “dek­sel”. 5 Vul die hol­te met lek­kers van jou keu­se. Plaas die laas­te koek­laag bo-op en ver­sier die koek langs die kan­te en bo-op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.