Naweekplek

Tuis - - ONSKUIERBY -

Aan­ge­sien die Nor­man­die­se kus bin­ne mak­li­ke be­reik van En­ge­land is, bring die ge­sin dik­wels ook na­we­ke hier deur. “Ons slaap Vry­dag­nag op die veer­boot wat ons oor die En­gel­se Ka­naal ver­voer, en Sa­ter­dag­og­gend eet ons ont­byt in ons Fran­se huis.”

Soos in e­ni­ge Fran­se huis speel kos ’n be­lang­ri­ke rol – hier­van ge­tuig die lang ta­fel, ge­mak­li­ke stoe­le en ge­sel­li­ge at­mos­feer in die eet­ka­mer – en die vol­gen­de stap in die voort­du­ren­de re­stou­ra­sie­pro­ses is juis om die oop­plan­kom­buis te ver­skuif en oor te doen.

“My pa het al­tyd ge­sê dit maak nie saak waar in ’n huis jy sit nie, jy moet iets moois kan sien.” Hier­die een­vou­di­ge fi­lo­so­fie leef An­nie Slo­an van­dag uit in haar werk en in haar woon­plek­ke.

Waar jy ook al sit in haar Fran­se huis – op ’n ou tur­koois stoel met ’n bont kus­sin­kie wat aan haar ma be­hoort het, in ’n poot­jies­bad wat ko­per­kleu­rig ge­verf is, of aan die bo­punt van die trap langs ’n laai­kas­sie waar­op die be­roem­de eer­ste sin uit Ja­mes Joy­ce se ro­man U­lys­ses ge­verf is – jy sal iets sien wat so mooi is dat jy nie wil op­hou kyk nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.