Aan die be­gin ...

Tuis - - LESERHUIS -

Die Mal­kin­sons het hul k­lein­hoe­we van vyf hek­taar in 2008 ge­koop, maar al ja­re te­vo­re be­gin plan­ne te­ken. “’n Te­ke­naar het toe ons kin­der­li­ke prent­jie op skaal ge­te­ken en ons het die­self­de jaar be­gin bou,” sê Dee.

“Daar was net ’n Wen­dy­huis en in­heem­se plan­te­groei op die ei­en­dom, ge­leë in die Lo­vemo­re Park-be­wa­rea. Ons moes daar­om toe­stem­ming kry om van die bos­se te ver­wy­der. Ons het op ’n ou wer­kers­hui­sie af­ge­kom, wat ons in stal­le vir ons vier per­de en twee po­nies kon om­skep.”

Hoe­wel die huis bin­ne vyf maan­de vol­tooi is, was daar ’n noue ont­ko­ming om­trent die­self­de tyd toe die dak op­ge­gaan het. “Ons het die bos­se wat ons ver­wy­der het, ge­bruik om ’n gat op ons werf te vul,” ont­hou Dee. “Toe ek een­dag gaan kyk hoe die bou­werk vor­der, het dié droë bos­se aan die brand ge­slaan. Dit was so na­by aan ons droom­huis! Die brand is ge­luk­kig gou ge­blus en die huis het nie ska­de op­ge­doen nie,” ont­hou Dee.

Van­dag is die e­nig­ste vlam­me in hul huis dié in hul Aga-stoof, waar die ge­sin en hul troe­tel­die­re in die win­ter saam­kui­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.