Lig van jou le­we

Tuis - - RAAD -

Lie­sl van Wyk van Bloem­fon­tein skryf Ons eet­ka­mer maak oop op ’n 10 m breë stoep waar ons ge­reeld ont­haal. Ek wil graag bui­te­be­lig­ting in­stal­leer wat ek snags kan aan los. E­ni­ge raad oor kos­te­doel­tref­fen­de op­sies?

Andrew Wex van Eu­ro­lux ant­woord SuidA­fri­ka­ners ont­haal graag bui­te en goeie be­lig­ting sal e­ni­ge ge­leent­heid ge­sel­li­ger maak. Ont­hou, dis mak­li­ker om lig­te in pla­fon­ne en dek­ke as in bak­steen, se­ment en te­ëls te laat in­stal­leer. Hier is vyf op­sies wat nie jou sak sal ruk nie: 1 Lig­te wat boon­toe skyn, skep mooi poe­le lig wat pi­la­re, mu­re en wa­ter­fo­kus­pun­te sal be­klem­toon. Oor­weeg dek­lig­te of lig­te wat jy in die grond steek; dis mak­lik om te po­si­si­o­neer. 2 Ge­son­ke LUD-lig­te is on­op­val­lend en jy kan ’n ver­dof­ska­ke­laar ge­bruik om die at­mos­feer te ver­an­der soos jy dit ver­kies. 3 In­prop-lig­te werk ook goed bui­te: duur­sa­me string­lig­te werk die bes­te wan­neer dit om bo­me en pi­la­re ge­draai word, fee­tjie­lig­te is per­fek oor­hoofs vir ’n ge­spik­kel­de ster­lig-voor­koms en de­ko­ra­tie­we ta­fel­lig­te is nog ’n op­sie, mits dit be­dek is. 4 Lig­te wat jy in die grond steek met LUD­gloei­lam­pe ver­skaf ’n “laag” sag­te lig en ’n de­ko­ra­tie­we e­le­ment aan tui­ne, blom­bed­dings en paad­jies. Jy kan ook die lig­te pro­fes­si­o­neel laat in­stal­leer en aan ’n tyd­me­ter laat kop­pel vir ge­mak. 5 Her­laai­ba­re of mo­bie­le ver­lig­ting, soos ’n son­krag-lan­tern, is die fi­na­le op­los­sing – en ge­luk­kig is ons nie meer be­perk tot funk­si­o­ne­le maar on­oog­li­ke op­sies nie.

Al bo­ge­noem­de is e­ner­gie- en kos­te­doel­tref­fend. Ont­hou om al­tyd ’n ge­kwa­li­fi­seer­de e­lek­tri­si­ën te ge­bruik.

eu­ro­lux.co.za >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.