Cle­ma­tis mon­ta­na

Tuis - - PLANTE -

Cle­ma­tis mon­ta­na is in die len­te oor­trek met klei­ne­ri­ge wit blom­me­tjies. Dit aard ver­al goed in kou­er, nat de­le van die land. Plant dit in goed ge­drei­neer­de, kom­pos­ry­ke grond, al­tyd met sy wor­tels in die ska­du­wee en sy kop in die son. Die wor­tels kan in ’n struik of boom se ska­du­wee groei. Gooi ’n dek­laag of pak klip­pies om die plant om die wor­tels koel te hou.

Cle­ma­tis mon­ta­na lyk mooi wan­neer dit in ’n boom of struik op­rank of oor ’n per­go­la groei. Of plant dit teen ’n muur, maar sorg vir tra­lie­werk, want dit het iets no­dig om aan vas te klou. Hou die plant goed nat in die groei­sei­soen en be­skerm dit teen wind. Snoei is on­no­dig, be­hal­we wan­neer die plant te groot word. Plant ook: Cle­ma­tis mon­ta­na ‘E­li­za­beth’ vir lig­pienk blom­me en Cle­ma­tis bra­chi­a­ta as jy ’n in­heem­se op­sie ver­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.