Tuin­he­li­o­troop

Tuis - - PLANTE -

Die tuin­he­li­o­troop blom feit­lik son­der op­hou van die len­te reg­deur die so­mer. Boon­op is dié meer­ja­ri­ge struik se blom­me baie geu­rig en lok dit skoen­lap­pers. Plant dit na­by ’n stoep of in ’n pot so­dat jy die lek­ker­ruik­blom­me kan ge­niet.

Die tuin­he­li­o­troop hou van ’n son­ni­ge plek met kom­pos­ry­ke grond. In baie warm de­le sal dit be­ter in half­ska­du­wee groei. Hou dit goed nat, ver­al in die so­mer. He­li­o­tro­pi­um ar­bo­ren­scens ‘P­rin­cess Ma­ri­na’ met sy diep­pers blom­me is ’n ge­wil­de keu­se. Snoei dit in die win­ter met so­wat twee der­des te­rug en weer met ’n der­de ná die eer­ste blom­tyd in die len­te vir nog meer blom­me reg­deur die so­mer. Plant ook: He­li­o­tro­pi­um ar­bo­ren­scens ‘Alba’ vir wit blom­me en H. ar­bo­ren­scens ‘Flo­ren­ce Nig­htinga­le’ vir blou­pers blom­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.