Vyf jaar la­ter

Tuis - - LESERTUIN -

“Ek hou van for­me­le, reg­uit ly­ne en het ’n de­fi­ni­tie­we i­dee ge­had hoe die tuin moes lyk,” ver­tel Debbie. Met ho­pe tuin­boe­ke, tyd­skrif­te, Pin­te­rest-bor­de en fo­to’s van tui­ne wat sy hier en oor­see be­soek het, het sy die e­nor­me taak aan­ge­pak wat haar uit­ein­de­lik vyf jaar sou be­sig hou.

Eers moes die tuin struk­tuur kry: ’n for­me­le roos­tuin, drie wa­ter­fo­kus­pun­te, ’n prag-van-In­dië-bin­ne­hof, ’n paad­jie met ’n roos­boog en ’n swem­bad­tuin.

Die tuin­paad­jies is nie al­mal die­self­de nie. Par­ty is van gruis­klip, an­der van pla­vei­ste­ne en plek-plek is be­ton­blok­ke – die mees­te is ver­sag met grond­be­dek­kers tus­sen-in. Die lang wa­ter­fo­kus­punt langs die for­me­le roos­tuin is ge­bou met die hulp van An­dré Kru­ger van Gar­den B­leu – ’n on­der­ne­ming wat in tuin­de­kor en -ont­werp spe­si­a­li­seer. Hul­le het ook die o­be­lis­ke vir die ro­se reg­deur die tuin ver­skaf.

Be­ko­ring van wit

’n Groot ver­skei­den­heid ter­ra­cot­ta­pot­te met vorm­ge­snoei­de Buxus of wit ge­sig­gies dra by tot die for­me­le ge­voel van die tuin, het­sy in groe­pe, net­jies in ’n ry op ’n stel­la­sie ge­pak of im­po­sant langs ’n wa­ter­fo­kus­punt.

“Die mees­te van die ro­se en sny­blom­me in die tuin is wit. Ek is lief vir die kom­bi­na­sie van wit en groen in ’n tuin,” ver­tel Debbie. “Wit is ’n baie klas­sie­ke kleur en ver­toon prag­tig in die aand. Dis reg­tig tyd­loos.

“Die groot­ste les wat ek ge­leer het met die uit­lê van die tuin, is dat die eer­ste keu­se van plan­te nie al­tyd die reg­te keu­se is nie. Dis ’n ge­val van weer en weer pro­beer – en dit kom teen ’n prys!”

Haar raad vir e­nig­een wat ’n for­me­le roos­tuin wil be­gin, is om eers ’n skets op pa­pier te maak. “As jy nie se­ker is nie, raad­pleeg ’n plaas­li­ke tuin­bou­kun­di­ge of ge­sels met ie­mand by jou kwe­ke­ry. En maak se­ker jou ro­se kry min­stens ses uur son­lig per dag.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.