Kies pienk

‘Pier­re de Ron­sard’

Tuis - - SO MAAK JY -

Ter on­der­steu­ning van Bor­s­kan­ker­be­wust­heids­maand, plant blom­me in ska­ke­rings van pienk in jou tuin. Pienk is kal­me­rend saam met blou en la­ven­tel, vars saam met ska­ke­rings van groen of sil­wer­grys, en dra­ma­ties saam met pers of sjo­ko­la­de­bruin.

Plant skel­pienk pe­tu­ni­as in pot­te om die aan­dag op ’n in­gang te ves­tig, plant roos­pienk heu­ning­blom­me­tjies ( A­lys­sum) en vi­o­let­pienk Vin­ca- kul­ti­vars al langs ’n son­ni­ge paad­jie, en plant bed­ding­be­go­ni­as in lig­te ska­du­wee om ’n bed­ding af te ba­ken of ’n breë s­trook sag­te kleur te gee.

Plant meer­ja­ri­ge E­chi­na­cea met hul roos­pienk kroon­bla­re en ka­neel­bruin kern, Gau­ra met de­li­ka­te pienk en wit skoen­lap­per­ag­ti­ge blom­me­tjies op lang, dun ste­le, en skild­blom­me ( Pen­ste­mon) met pienk klok­vor­mi­ge blom­me.

Die pienk roos ‘Re­ach for Re­co­ve­ry’ is ver­noem na die steun­groep vir vroue wat bors­kan­ker oor­leef het. Die ‘Knock Out’-roos­reeks is ook ’n goeie keu­se om­dat hul­le siek­te-be­stand is, nes die ‘E­den Ro­se’, ook be­kend as ‘Pier­re de Ron­sard’, met sy sag­pienk blom­me en hoog­te van meer as 2 m (wat dit ge­skik maak om teen boë, pi­la­re en tra­lie­werk op te lei).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.