Hoe om dooie of jong blom­knop­pe te ver­wy­der

Tuis - - SO MAAK JY -

Dis nie nood­saak­lik om dooie of jong blom­knop­pe te ver­wy­der nie, maar jou roos­boom sal vin­ni­ger nu­we blom­knop­pe vorm as jy dit wel doen; dit moe­dig ook ge­hal­te-lang­steel­ro­se vir die pot aan.

Die reg­te ma­nier om dooie blom­knop­pe te ver­wy­der, is om die steel waar­op die blom­knop sit met so­wat die helf­te te­rug te sny. Maak se­ker daar is nog bla­re op die steel on­der die plek waar jy die steel af­sny. Deur ge­reeld dooie blom­me te ver­wy­der, hou jy jou roos­boom net­jies en word die ont­wik­ke­ling van nu­we lo­te ver­snel. Ver­wy­der sy­knop­pe Doen dit net met hi­bried-teero­se, ver­al as jy spog­ge­ri­ge lang­steel­ro­se met groot blom­me wil hê. Hi­bried­teero­se pro­du­seer ’n hoof­knop aan die punt van el­ke stam, ge­naamd die eind­knop, met klei­ner sy­knop­pe aan weers­kan­te daar­van. Breek die sy­knop­pe af so­dat al die roos se “krag” in die eind­knop gaan en een groot blom pro­du­seer. As jy nie die sy­knop­pe ver­wy­der nie, gaan die stam ’n tros klei­ner blom­me op kor­ter ste­le pro­du­seer. Daar is niks fout hier­mee nie – dit maak eint­lik ’n mooier ver­to­ning in die tuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.