’n Kui­er-kom­buis

Tuis - - LESERHUIS -

Die oop­plan-kom­buis-en-eet­ka­mer het mo­der­ne in­dus­tri­ë­le e­le­men­te, maar die mat­te, u­nie­ke be­lig­ting en ver­sig­tig ge­rang­skik­te ver­sa­me­lings keer dat dit kli­nies voel. “Ek wou nie iets te spog­ge­rig hê nie, toe hou ek die kom­buis ge­demp met die Car­re­ra-mar­mer­werk­blaaie en so­lie­de ei­ke­hout­rak­ke,” sê Natalie, wat nou nie meer so be­kom­merd is oor krapmerke op die mar­mer nie en graag wil hê dit moet ’n bie­tjie ka­rak­ter kry.

Die kom­buis is prak­ties ont­werp: “Dit moes ge­brui­kers­vrien­de­lik wees en baie pak­plek hê,” ver­dui­de­lik Natalie. Se­lect-AKit­chen is in­ge­roep en nou het die ruim­te ’n ek­stra­lang ei­land waar die ge­sin kan kui­er ter­wyl Natalie kook. I­tems soos die mi­kro­golf, ver­sap­per en her­win­nings­drom­me is al­les weg­ge­steek in die op­was­ka­mer ag­ter die kom­buis. “So kan ek die losgoed en vuil skot­tel­goed uit die oog hou wan­neer ek vir gas­te kook.”

Dank­sy die op­was­ka­mer het die oop rak­ke weers­kan­te van die stoof plek vir kos­ba­re i­tems soos Natalie se an­tie­ke Delft-ver­sa­me­ling wat sy van haar ou­ma se ou­ma ge­ërf het. “Ná my pa se af­ster­we het ek en my sus­ter dié kos­ba­re ver­sa­me­ling in ’n groot fa­mi­lie­kis ont­dek; el­ke stuk was in koe­rant­pa­pier toe­ge­draai en het ja­re so ge­lê. Nou ge­bruik ek dit el­ke dag – selfs my kin­ders eet uit die bor­de.” >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.