Per­soon­li­ke smaak

Debbie se ge­lief­de Fran­se vin­ta­ge-leer­stoel het ’n e­re­plek in die sit­ka­mer.

Tuis - - LESERHUIS -

Die huis weer­spie­ël on­ge­twy­feld Debbie se per­soon­lik­heid. Haar styl is een­vou­dig en pri­vaat, met ’n voor­lief­de vir mooi­goed. “My twee guns­te­ling-ska­ke­rings is die don­ker­groen teks­tuur­ry­ke verf teen die mu­re van ons slaap- en eet­ka­mer en ge­sins­ver­trek, en die diep­rooi van ons kom­buis­kas­te en voor­deur,” sê Debbie. “Ek is mal oor hoe die kom­bi­na­sie van erf­stuk­ke en oud­he­de, soos die o­lie­verf­skil­de­rye van my man se voor­sa­te, my ge­lief­de Fran­se leer­stoel en die hor­lo­sies wat ek ver­sa­mel, tot hul reg kom teen die don­ker muur­kleur.”

Dié kas (regs) in die ge­sins­ver­trek het al ver­skeie doe­le ge­dien, on­der

meer kle­re­kas en drank­ka­bi­net, en al ’n he­le paar keer on­der die verf­kwas­te deur­ge­loop. Nou word

breek­wa­re daar­in ge­bê­re. O­lie­verf­skil­de­rye van S­te­ve se voor­ou­ers (bo) ver­toon mooi teen die “W­ren”-muur­kleur wat Sa­lomé Gun­ter spe­si­aal laat meng het. (Eart­hco­te het ’n soort­ge­ly­ke pa­let.) Debbie het nog al­tyd ge­droom van ’n ge­sins­ver­trek in ’n skuur­styl ( regs). Hul­le het 15 jaar ge­le­de dié ver­trek met sy oop dak­bal­ke en hout­vloer aan­ge­bou. Die vloer hier was die in­spi­ra­sie vir die vloe­re in die res van die huis toe la­te­re op­knap­werk ge­doen is. Voor die klein vier­kant­ven­ster bo die boek­rak hang geen gor­dyn nie. “Dis vir ons tog te lek­ker om te kyk hoe die glas­o­gies en jan­fre­de­riks by ons vo­ël­voer­ders bal­jaar,” sê Debbie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.