#

Tuis - - KUIERSTOEP­E -

As Ka­roo­k­ind het Car­la van der Mer­we met ge­sel­li­ge stoep­kui­ers groot­ge­word, en sy en haar man, Braam, en hul dog­ter, Ja­na (18), sit dié tra­di­sie in Oran­je­zicht, Kaapstad, voort. Toe hul­le die huis ge­koop het, was daar ’n se­ment­stoep on­der ’n af­dak van vier­kant­hout en deur­sig­ti­ge dakplate, en ’n suk­ke­len­de gras­perk wat erg mod­de­rig was in die win­ter.

Die Van der Mer­wes het toe ’n ba­lau-dek laat in­bou en nou kui­er die stoep nog lek­ker­der – nes ’n ek­stra leef­ver­trek.

Om­dat dit suid front, is dit eer­der ’n so­mer­kui­er­plek wat re­de­lik be­skut is van die be­rug­te Kaap­se Dok­ter. Dan eet die ge­sin am­per el­ke dag bui­te – heel ge­rief­lik, want die kom­buis is reg langs­aan. Op son­ni­ge win­ter­dae ver­skaf kom­ber­se die no­di­ge hit­te.

Die ou rus­bank van Car­la se ou­ma An­nie Niel­sen van Vic­to­ria-Wes het ’n e­re­plek hier en bring haar goeie klein­tyd­her­in­ne­rin­ge te­rug. “Al­les in ons huis gaan oor ge­mak en lek­ker kui­er,” sê Car­la. “Die meu­bels bly heel­jaar bui­te en pas ge­luk­kig on­der die af­dak in. Nou wil ek net graag ’n piz­za-oond laat in­bou!”

’n Hout­dek werk goed aan die ska­du­kant waar die gras swaar­kry. Die Van der Mer­wes het ba­lau ge­bruik; ga­ra­pa uit Bra­si­lië is ook dees­dae ge­wild. Dis ook on­der­houd­vry en in­sek- en vrot­be­stand en ver­bleik net so grys soos ba­lau. Vol­gens wood4­a­fri­ca.co.za...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.