#

Tuis - - KUIERSTOEP­E -

Carl Wes­sel ge­bruik dié kom­pak­te stads­ruim­te om te braai en sy was­goed op te hang. Om­dat die de­kor in sy huis re­de­lik neu­traal is, het hy die pa­let bui­te ook een­vou­dig ge­hou. Die bui­te­ta­fel en -stoe­le, als on­paar twee­de­hand­se stuk­ke, is net so ge­los om te ver­weer, wat ’n in­ge­leef­de, aard­se ge­voel skep.

In die so­mer bied die win­gerd­pri­eel be­sker­ming teen die warm mid­dag­son. “Die bin­ne­hof is klein en dit kan nog­al warm raak wan­neer ek saam met ’n klom­pie vrien­de hier braai,” ver­dui­de­lik Carl. Op sul­ke dae ver­skaf ’n fyn sproei­er wat op die pri­eel aan­ge­bring is, wel­ko­me la­fe­nis.

In die win­ter, wan­neer die win­gerd­stok sy bla­re ver­loor, kry die ruim­te meer lig. Maar die ou hout­ven­ster­ra­me en -deur is ge­neig om in die re­ën­sei­soen te swel. “Die ge­heim is om deu­re en ven­ster­ra­me aan die bo­kant te verf so­dat vog nie die hout kan bin­ne­dring nie. Dit het ek deur bit­te­re er­va­ring ge­leer.” Die kus­sings se ma­te­ri­aal is nie weer­be­stand nie en hy bê­re dit lie­wer bin­ne wan­neer dit nie ge­bruik word nie.

Carl het die voor­koms ver­sag en die ruim­te gro­ter laat lyk deur ’n ver­ti­ka­le tuin te skep met hang­mand­jies, muur­ge­mon­teer­de pot­te en rak­ke waar­op hy sy ver­sa­me­ling vet­plan­te uit­stal. En se­dert die kruip­vy ( Fi­cus pu­mi­la) oor­ge­neem het, lyk die muur soos iets uit die na­tuur pleks van ’n mens­ge­maak­te struk­tuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.