Vra die ken­ners

Wil jy graag jou se­ment­vloer verf, of won­der jy oor se­ku­ri­teit vir jou stoep? Vra net – ons kry die ant­woor­de.

Tuis - - RAAD -

Vloe­re: verf of se­ment?

Le­an­dra C­lif­ford-S­pies van Mo­re­le­ta­park skryf Ons het ons huis se te­ëls uit­ge­kap en wil graag se­ment­vloe­re hê, maar ons be­gro­ting is knap. Ons wil nie die rou se­ment­kleur hê nie – eer­der wit, grys of lig­blou. Het jul­le e­ni­ge raad? En waar­mee kan ons die vloer se­ël om dit te laat blink?

Ka­rin Cron­je van Hands On C­re­a­ti­ve Buil­ding & Ma­na­ge­ment ant­woord Daar is ver­skil­len­de ma­nie­re om ’n mooi se­ment­vloer te kry. Van­weë die kleur­ske­ma (grys, wit of lig­blou) wat jul­le wil hê, gaan dit nie werk om ’n kleur­pig­ment by d die se­ment­meng­sel te voeg nie. Dié pig­ment is te lig om die kleur van rou se­ment te ver­an­der. Jul­le het twee op­sies: Op­sie 1 Wend ’n la­gie wit se­ment, ge­meng met ’n blou of swart pig­ment, ná die tyd booor die grys se­ment aan met ’n trof­fel. Dié la­gie kan dan met ’n po­li­u­re­taan-se­ë­laar af­ge­rond word vir ’n blink voor­koms. Ont­hou: Ge­bruik ken­ners om dié se­ment­laag kor­rek aan te wend. Op­sie 2 Verf die vloer met Plas­con Floor Paint – die kleur­keu­ses is on­ein­dig! Dié op­sie is boon­op die goed­koop­ste én jul­le kan dit self doen.

On­ge­ag wat­ter op­sie jul­le kies, moet jul­le eers die vloer goed voor­be­rei. As jul­le die te­ëls en te­ël­gom af­ge­kap het en die op­per­vlak is re­de­lik ge­lyk, kan jul­le ’n self­ni­vel­le­ren­de (“self-le­vel­ling”) af­vlak­laag aan­wend. As die op­per­vlak baie on­ge­lyk en vol gro­ter ga­te is, sal jul­le ’n se­ment-en­sand­meng­sel (“top­ping”) van on­ge­veer 20–25 mm moet aan­wend om ’n goeie, duur­sa­me vloer­op­per­vlak te ver­kry. So­dra die vloer mooi glad, ge­lyk en droog is, kan jul­le e­ni­ge van bo­staan­de me­to­des volg. KON­TAK 083 277 3166

ken­[email protected]

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.