Blom­me by do­sy­ne

Tuis - - LESERTUIN -

Van mid­del Ok­to­ber tot mid­del No­vem­ber blom die le­lies op hul mooi­ste. Dis dan dat al­mal op Uit­kyk by­me­kaar­kom. “Ek het al­tyd arms vol van die le­lies ge­pluk, maar dit was on­moont­lik om by al­mal uit te kom en dit weg te gee. ’n Mens kan mos ook net so­veel le­lies in jou mo­tor laai. Dit is toe dat my man, Wou­ter, voor­ge­stel het ons nooi lie­wer al­mal hier­heen om self te kom pluk. En wat­ter goeie i­dee was dit nie!”

Van toe af vier die Mul­lers el­ke jaar fees wan­neer die Sint Jo­sefs­le­lies blom. “Die dag voor die tyd bak en brou ek tot diep in die nag en die vol­gen­de dag kui­er ons, eet ons en pluk ons blom­me. Dis ’n be­derf­ge­leent­heid, ’n tyd om vriend­skap­pe te vier en ’n tyd om uit te deel.”

So­veel ver­skei­den­heid

Il­l­ze se Sint Jo­sefs­le­lies groei in haar sny­blom­tuin, wat sy haar “po­ta­ger” noem. “Ek wil nou nie fên­sie pro­beer klink nie, maar dis reg­tig wat dit is. Dis ’n tuin met kruie, groen­te, vrug­te, bes­sies en blom­me vir die he­le huis en kom­buis. Die ou hoen­der­hok was eers hier en ek het al­tyd ge­dink ek wil ’n hek in die ou ring­muur sit en ’n krui­e­tuin hier maak. So ’n ge­hei­me tuin het nog al­tyd vir my ’n se­ke­re be­ko­ring in­ge­hou,” ver­dui­de­lik sy.

Il­l­ze het haar sny­blom­tuin ’n ef­fens Mid­del­eeu­se aan­slag ge­gee met vier ver­he­we bed­dings met ge­vleg­te hei­nings. Hier­in het daar laas jaar kap­per­tjies ge­groei, en van­jaar wit mal­vas. Die an­der hei­nings en stel­la­sies het ook Mid­del­eeu­se pa­tro­ne en word ge­bruik om groen­te soos ert­jies, ta­ma­ties en boon­tjies, selfs ap­pel­lie­fies, teen op te lei. Hul­le maak al die stel­la­sies self, meest­al van riet en swart­wat­tel wat op die plaas groei.

“In my sny­blom­tuin kweek ek groen­te en kruie wat ek reg­tig ge­bruik, soos mos­terd­slaai, ta­ma­ties, ba­si­lie­kruid, pie­ter­sie­lie, roos­ma­ryn, tie­mie, lou­rier, ra­dy­se, boon­tjies, spi­na­sie, aar­beie en nog ve­le meer. En ek plant blom­me wat ek kan pluk: son­ne­blom­me, vark­o­re, rid­der­spo­re, Sal­via leu­can­tha, aard­ar­ti­sjok­ke en na­tuur­lik die Sint Jo­sefs­le­lies. Dan is daar ’n paar vy­e­bo­me (my guns­te­ling-vrug), ’n moer­bei­boom en ’n per­ske­boom wat die mid­del­punt van die sny­blom­tuin uit­maak. Die per­ske­boom hou ek eint­lik vir sy bloei­sels aan – ek is mal daar­oor om dit in die len­te te pluk.” >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.