Sim­me­tries en klas­siek

Tuis - - LESERTUIN -

A­net, Il­l­ze se jong­ste dog­ter,

lê on­der die per­ske­boom (links) wat die mid­del­punt

van Il­l­ze se sny­blom­tuin is. In die res van die Mul­lers se plaas­tuin groei hoof­saak­lik plan­te wat nie so­veel on­der­houd verg nie. Il­l­ze het dit 22 jaar ge­le­de rond­om die stok­ou pe­per­bo­me en ka­ree­boom be­gin ont­wik­kel.

Die 150 jaar oue plaas­huis ( sien Tuis se A­pril 2015-uit­ga­we) is sim­me­tries met ’n klas­sie­ke T-vorm; dit was ook die in­spi­ra­sie ag­ter die tuin se for­me­ler voor­koms. Die tuin is in ver­skil­len­de de­le ver­deel, maar al­les sluit by me­kaar aan met trap­pe, hek­kies, paad­jies en ’n brug­gie.

“In die voor­tuin is daar gruis, klip­pe en lae hei­nings van Du­ran­ta e­rec­ta ‘S­heena’s Gold’ wat mak­lik net­jies ge­hou kan word. Van daar loop jy met klip­trap­pe na die wit tuin met my ‘I­ce­berg’-ro­se. Ver­der aan is die swem­bad met ’n groot deel se­ment­pla­vei­sel waar­in ek ri­vier­klip­pe ge­druk het om ’n pa­troon te vorm, daar’s ’n ta­fel on­der die ka­ree vir lek­ker saam­kui­er en ’n groot gras­perk langs die huis.

“Ek plant groot groe­pe van die­self­de plan­te by­me­kaar vir meer im­pak. Wil­de­knof­fel, a­ga­pan­te, wil­de-i­ris­se, vi­ool­tjies, aal­wy­ne, klim­op, la­ven­tel, o­lyf­bo­me en hei­nings van sy­sel­bos, roos­ma­ryn en Aus­tra­lie­se roos­ma­ryn werk goed.

“In my ska­du­tuin het ek Cli­vi­as, o­li­fant­so­re, vark­o­re en ’n ver­skei­den­heid va­rings. Ek hou van vorm­plan­te wat die for­me­le ge­voel ver­sterk en struk­tuur gee, soos die ge­wo­ne buks­boom en die Aus­tra­lie­se jam­boes wat in pot­te groei en rond ge­snoei word,” ge­sels sy.

Maar al is Il­l­ze se tuin ge­ves­tig, het sy nog lank nie klaar tuin­ge­maak nie. “Ek is nou be­sig om ’n vrug­te­boord aan te plant met goed soos kwe­pers, gra­na­te, si­trus, a­man­dels en nog meer vye. My vo­ël­ver­skrik­ker staan al reg, en wie weet, een van die dae deel ek dalk my vrug­te ook uit!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.