Aar­tap­pel-en-ei­er­vrug­frit­ta­ta

Tuis - - STAPVIRSTA­P -

On­der R90 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 45 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: 200 °C

• 2 groot ei­er­vrug­te, in sky­fies ge­sny • 700 g aar­tap­pels, in dun sky­fies ge­sny • 250 g ge­rook­te­ham-sky­fies

1

2

• 125 ml par­me­saan­kaas, ge­ras­per • 10 ei­ers, ge­klits • ’n knip­pie neut­mus­kaat

Ver­hit ’n rif­fel­pan en roos­ter die ei­er­vrug­sky­fies tot gaar. Kook die aar­tap­pel­sky­fies in sout­wa­ter tot gaar en d­rei­neer ver­sig­tig.

Voor­ver­hit die oond. Smeer ’n 26 cm- oond­vas­te pan met bot­ter. Pak die ei­er­vrug, aar­tap­pel­sky­fies en ham in lae daar­in en sprin­kel die kaas tus­sen die lae. Geur die ei­er met sout (ont­hou, die kaas is reeds sout), pe­per en neut­mus­kaat, en giet dit oor die lae. Sit nou die pan op ’n stoof­plaat oor lae hit­te vir so­wat 10 mi­nu­te om die ba­sis van die frit­ta­ta gaar te maak. Sit dan die pan in die oond en bak vir so­wat 20 mi­nu­te of tot deur­gaar. Keer die frit­ta­ta uit en sny dit in sky­we. Dis heer­lik met vars brood en truf­fel-ma­yon­nai­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.