Ou mel­ke­ry word huis

Tuis - - KERSFEES -

As jy op die klas­sie­ke C­hes­ter­field-leer­bank in die ruim oop­plan­woon­plek sit, kan jou oë net nie ge­noeg kry van al die teks­tu­re nie. Dis moei­lik om te glo die plek het nie al­tyd so ge­lyk nie.

Die ei­en­dom was eens die per­seel van die Wel­ling­ton Mel­ke­ry, en toe dit in die mark kom, kon Han­nes sy ge­luk nie glo nie. Hy wou nog al­tyd ’n skuur soos dié in ’n woon­huis om­skep – boon­op kon hul­le die plek teen ’n ap­pel en ’n ei be­kom.

Dit was maar erg ver­waar­loos en Ti­na en Han­nes se ou­ers was skep­ties oor die twee pas­ge­trou­des se eer­ste huis. Dit was vuil, die toi­let­te was stuk­kend en die No­vi­lon­vloe­re vrot. Maar Han­nes en Ti­na was ver­lief – nie net op me­kaar nie, maar ook op die melk­stal.

Hul­le het in Mei 2013 in­ge­trek en be­gin wer­skaf. Al die lood­gie­terswerk is oor­ge­doen en e­lek­tri­si­teit is ge­ïn­stal­leer. ’n Nu­we se­ment­vloer is oor die stuk­ken­de mel­ke­ry­vloer ge­gooi en ’n hout­trap na die stoor­plek teen die dak ge­bou. Dit is nou hul hoof­slaap­ka­mer, met sy eie bad, was­bak en toi­let. Die nu­we ge­sins­bad­ka­mer is on­der, waar die ou kom­buis was.

“Ons het die as­bes­dak net so oop ge­hou, want met ’n pla­fon sou dit nie meer soos ’n skuur ge­lyk het nie,” ver­tel Ti­na. “Net ons ka­mer bo het i­so­la­sie ge­kry. Ons het daar ook lug­ver­sor­ging laat in­sit; die res van die huis word koel ge­hou dank­sy sproei­ers op die dak. “En in die win­ter maak ons kool­stoof die huis heer­lik warm.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.