Eend­pan­ne­koe­kies

Tuis - - KERSFEES -

Die lek­ker van ge­pluis­te eend is dat nie­mand aan ta­fel hoef te suk­kel met die fyn op­sny so­dat elk­een ’n lek­ker stuk­kie kry nie, en dit rek ver.

Ge­noeg vir 24 pan­ne­koe­kies Be­rei­dings­tyd: 45 mi­nu­te, plus ma­ri­neer­tyd Gaar­maak­tyd: so­wat 2 uur

• 1 heel eend (so­wat 2 kg) • 1 kom­kom­mer, ge­skil, ont­pit en ge­kap • gra­naat­pit­te • ’n hand vol vars kruie soos ment, pie­ter­sie­lie en kol­jan­der • ’n bos­sie spriet­uie, ge­kap, plus ek­stra om in dun lin­te te sny vir vas­bind • pruim­sous • 24 ge­koop­te C­hi­ne­se pan­ne­koe­kies

• 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap • 1 brand­ris­sie, ge­kap • 1 lou­rier­blaar • 5 ml elk sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per

Sny die eend al langs die rug­graat, vlek oop en druk plat. Sny met ’n skerp mes ’n blok­kies­pa­troon deur die vel en vet op die bor­sies en prik o­ral­oor met ’n vurk. Dom­pel die eend in kook­wa­ter en laat staan vir 5 mi­nu­te daar­in. D­rei­neer en druk droog. Meng al die be­stand­de­le vir die ma­ri­na­de. Sit die eend vel­kant na on­der in ’n plat bak met ’n dek­sel en giet die ma­ri­na­de oor. Maak toe en sit oor­nag in die ys­kas. Draai dit so af en toe om as jy ont­hou.

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Sit die eend (vel­kant na bo) op ’n

draad­rak­kie in ’n diep oond­bak en roos­ter vir 1½ uur. Ver­hoog die oond­tem­pe­ra­tuur tot 200 °C en roos­ter vir nog 15 mi­nu­te of tot goud­bruin en sap­pig. Laat af­koel. Wenk Be­hou die geu­ri­ge eend­vet wat uit­braai vir ge­bak­te aar­tap­pels.

Meng die kom­kom­mer, gra­naat­pit­te, kruie en ge­kap­te spriet­uie saam; hou een­kant. Pluis die eend en sny of vlok al die vleis in k­lein stuk­kies. Ver­hit ’n pan en braai die vleis met ’n bie­tjie pruim­sous tot warm. Ver­hit ook die pan­ne­koe­kies in ’n warm pan. Skep ’n eet­le­pel vleis op el­ke pan­ne­koe­kie, skep ’n bie­tjie slaai op en rol toe. Bind vas met ’n dun sprietui-lint en sit voor met ek­stra pruim­sous om die pan­ne­koe­kies in te doop. (Ons het ’n mango-en-brand­ris­sie­doop­sous van ’n Oos­ter­se su­per­mark ge­bruik.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.