Trein­huis by die see

Tuis - - KERSFEES -

Toe Jan Bo­land des­tyds die huis met die hulp van twee van sy plaas­wer­kers ge­bou het, wou hy die­self­de ge­voel skep as die plaas­huis bui­te Lam­berts­baai waar hy groot­ge­word het. Hy noem dit ’n “trein­huis” – die slaap­ka­mers is in ’n ry los van die huis ge­bou.

Sy ar­gi­teks­vriend Mi­cha­el Ru­dolph het hom des­tyds ge­help om die plan­ne op te trek. Die leef­ge­deel­te van die huis be­staan uit net ’n een­vou­di­ge oop­plan­ver­trek, ’n k­lein op­was­ka­mer en ’n stoep voor met nim­mer­ein­di­gen­de uit­sig­te op die see. Hier kan elk­een kom en gaan soos hul­le wil, son­der om die an­der te pla.

Die huis is in ’n ti­pie­se Wes­kus-styl ge­bou en Jan wou dit so ou­ten­tiek moont­lik hou. Dit het ’n strooi­dak, ge­wels weers­kan­te en skoor­ste­ne met hul ken­mer­ken­de ron­de o­pe­nin­ge aan die bo­punt. Die mu­re is dik, soos die mod­der­hui­se van ouds, en kyk jy by die ven­sters uit, sien jy tel­kens ’n an­der prent­jie­mooi skil­de­ry ge­raam in die skuins af­ge­werk­te ko­sy­ne van jar­ra­hout.

“Die be­lang­rik­ste ding van die ven­sters is dat jy die see van oral kan sien,” ver­tel Jan. “Selfs van die bin­ne­hof waar jy in­kom, om­dat die ven­sters reg­oor me­kaar is en jy dwars­deur die huis kan kyk.

“Bin­ne was die i­dee dat jy som­mer die vloer met ’n tuin­slang kon skoon spuit as jy wou! Se­ment werk da­rem be­ter vir ’n vloer as mis of per­ske­pit­te!”

En dis net die ding vir kaal­voet­kin­ders met sand tus­sen hul to­ne …

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.