De­kor­di­lem­ma

Ger­ma­rie Bru­wer en Mar­gaux Tait van Ho­me­o­lo­gy ant­woord 1 Op die vloer 4 S­pie­ël­tjie, s­pie­ël­tjie … 5 Uit­stal- en bê­re­plek 6 Kleur en pa­tro­ne 7 Voor die ven­ster 8 Gee lig Ger­ma­rie Bru­wer en Mar­gaux Tait

Tuis - - Raad -

’n Be­koor­li­ke bad­ka­mer

An­ne­li­ze Jan­sen van Vuur­en van V­re­de­vlei in die Vry­staat skryf Hoe kan ek nu­we le­we blaas in my saai bad­ka­mer? Ons woon op ’n plaas en ek wil dit graag ’n rus­tie­ke voor­koms gee met hout­vloe­re en oud­he­de. Help, as­se­blief!

’n Bad­ka­mer is al­tyd ’n uit­da­ging om­dat funk­si­o­na­li­teit net so be­lang­rik is soos die voor­koms. En aan­ge­sien dit ’n vertrek is wat nat word, moet die af­wer­king ver­sig­tig ge­kies word. Die be­staan­de toe­be­ho­re pas goed by ’n plaas­voor­koms, so jy kan net daar­op fo­kus om die kleur­ske­ma te ver­an­der en meer bê­re­plek te verskaf. Doen dit so:

In ’n vertrek met baie klam­mig­heid is ke­ra­miek­te­ëls ’n prak­tie­se keu­se. Of oor­weeg te­ëls met ’n hout­voor­koms om die plaas­huis-ge­voel te ver­sterk; in­stal­leer dit in die­self­de pa­troon as die vloer­plan­ke in die res van die huis vir ’n naat­lo­se voor­koms. 2 Bad­tyd Om­skep jou giet­ys­ter­bad in ’n fo­kus­punt deur die bui­te­kant te verf en die po­te met ’n vars ko­per­kleur te spuit vir ’n sag­te, mo­der­ne ef­fek wat deur by­kom­stig­he­de her­haal kan word. 3 Muur­ma­ne­wa­les Ge­verf­de mu­re langs ’n los­staan­de bad kan mak­lik be­ska­dig word, ver­al as jy kin­ders het wat graag in die bad plas. Om ’n nat ge­mors te voor­kom, kies

lie­wer te­ëls vir die mu­re langs die bad; me­tro­te­ëls is hoog­mo­de en sal die styl van jou bad­ka­mer en meu­bels kom­ple­men­teer.

’n Ou truuk wat ’n s­mal vertrek gro­ter laat lyk, is om ’n groot spie­ël teen die lang muur aan te bring. Kies ’n mooi wit raam wat by die res van die i­tems in die vertrek pas.

Be­nut die ruim­te tot jou be­skik­king deur ’n groot kas vir hand­doe­ke, bad­speel­goed en skoon­maak­mid­dels aan te skaf; ’n wit kas sal min­der im­po­sant wees as een van so­lie­de hout. In­stal­leer twee klei­ner rak­ke aan weers­kan­te van die ven­ster vir i­tems soos toi­let­pa­pier, tan­de­bor­sels en was­lap­pe. Sweefrak­ke is nog ’n hulp­mid­del waar­mee jy ek­stra ruim­te vir plan­te of fo­to­ra­me kan verskaf.

Met ’n neu­tra­le pa­let is dit mak­lik om trefkrag met by­kom­stig­he­de te gee. Nu­we hand­doe­ke, ’n mat met pa­tro­ne in neu­tra­le grys ska­ke­rings en ’n hel­der­kleu­ri­ge stoel is al wat jy no­dig het vir ’n vars voor­koms son­der om ’n for­tuin te be­stee. Jy kan ook een of twee mu­re in ’n sag­te tur­koois verf wat prag­tig sal kon­tras­teer met die s­pat­sels hel­der­rooi in die stoel en gas­te­hand­doe­ke.

Ver­sag die ven­ster se har­de ly­ne met lap­blin­dings met sterk pa­tro­ne; dit sal die voor­koms af­rond deur al die kleu­re saam te bind.

Kies ’n mooi hang­lig om die vin­ta­ge-voor­koms te ver­sterk; ’n ko­per­hang­lig of ’n lig met ’n glas­koe­pel sal werk. Maak net se­ker dis ge­skik om in ’n bad­ka­mer te ge­bruik – die ligom­hul­sel moet ge­se­ël wees om klam­mig­heid uit te hou. KON­TAK ho­me­o­lo­gy.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.