Blou­re­ën

Tuis - - PRIËLE -

( Wis­te­ria si­nen­sis) Hier­die im­mer­ge­wil­de plant is i­de­aal vir ’n koue kli­maat. Dis ’n y­we­ri­ge blad­wis­se­len­de ran­ker wat ’n groot pri­eel som­mer gou sal be­dek en in die vroeë len­te met tros­se pers blom­me spog.

Maar wees ge­waar­sku, sê die ken­ners van Li­fe is a Gar­den-tuin­sen­trums: “Dié plant moet ver­kies­lik op los­staan­de pri­ë­le rank, weg van jou huis, want die wor­tels kan ge­boue se fon­da­men­te be­ska­dig.”

Wan­neer jy jou blou­re­ën plant, kies twee lei­er­lo­te en lei dit teen die pri­eel op tot­dat dit dui­de­lik is watter een die sterk­ste groei; sny die an­der een weg. So­dra die lote bo-op die pri­eel be­gin ver­sprei, kan jy ’n tak op el­ke hout­balk, of, as jy nie hout­bal­ke het nie, on­ge­veer 50 cm uit me­kaar, spa­si­eer en los­weg aan die struk­tuur vas­bind. Dit vorm dan die hoof­raam­werk waar­heen jy el­ke jaar gaan te­rug­snoei vir nu­we lote waar­uit die blom­me sal ont­wik­kel. Snoei jou blou­re­ën in die mid­del van die win­ter te­rug tot 7 cm van die vo­ri­ge snoei­plek af, dan sal die tak­ke el­ke jaar dik­ker en ster­ker groei.

In die so­mer sal tal­le lote vorm wat jy in toom moet hou vir ’n net­jie­se voor­koms; snoei daar­om weer twee maan­de na­dat dit ge­blom het. Sorg ook dat weg­staan-lote nie tus­sen ’n geut en die dak in­groei nie – dit sal ska­de ver­oor­saak wan­neer die loot ver­dik.

Blou­re­ën groei in feit­lik e­ni­ge ti­pe grond, al­hoe­wel ’n lig­te leem­grond die bes­te re­sul­ta­te le­wer. Moe­nie die plant in die len­te voed nie, want dan sal te veel bla­re vorm en geen blom­me ont­wik­kel nie. Voed lie­wer in die so­mer en herfs met 3:1:5-kuns­mis. As dit glad nie wil blom nie, het jy óf ver­keer­de voe­ding toe­ge­dien óf ’n dras­tie­se snoei is in Ja­nu­a­rie no­dig, tot on­ge­veer vier of vyf o­gies op ’n n loot.

Ge­wo­ne ta­fel­drui­we

( Vi­tis-spp.) Ge­wo­ne ta­fel­drui­we, die­self­de soort wat boe­re aan­plant, is nog ’n ge­wil­de keu­se vir ’n pri­eel. Nie al­leen het jy ’n lief­li­ke lo­wer­groen pri­eel wat vol­op ska­du­wee verskaf nie, maar jy kan in die so­mer aan jou eie oes s­mul.

“Drui­we groei die bes­te in goed ge­drei­neer­de grond,” sê Jan van B­lerk van G­reen­si­de Kwe­ke­ry in Bloem­fon­tein. Wan­neer jy die druif plant, sny die hoof­loot van el­ke plant te­rug tot net twee o­gies. Sny al­le sy­lo­te weg so­dat jy die plant na bo kan op­lei tot­dat dit die dak­ge­deel­te van die pri­eel be­reik. Knip die ver­ti­ka­le lote só dat dit nu­we sy­lo­te vorm wat die pri­eel se bal­ke sal be­dek.

“In die daar­op­vol­gen­de win­ter, in snoei­tyd, moet jy dié sy­lo­te tot on­ge­veer twee tot drie o­gies te­rug­snoei.

“Drui­we dra op nu­we hout wat ge­du­ren­de die len­te vorm,” ver­dui­de­lik Jan. Hy sê ook jy moet die grond deur­nat maak,m maar nie pap­nat nie.

“Kul­ti­vars wat goed groei, is cry­stalc en ha­ne­poot (wit) en ca­taw­bac en bar­lin­ka (swart). DieD algemeenst­e pro­bleem by ta­fel­drui­we,t net soos by sier­drui­we,s is meel­dou. Be­spuit in die win­ter met kalk­swa­el of in die so­mer op ’n ge­reel­de ba­sis met ’n swam­do­der.

“Daar­by is be­mes­ting baie be­lang­rik. Dien el­ke vier we­ke 3:1:5 toe en gee dan ge­noeg wa­ter,” sê Jan.

Ster­jas­myn

( Tra­che­losper­mum jas­mi­noi­des) As jy baie geur vir min moei­te soek, kies ster­jas­myn vir jou pri­eel. Dié vin­ni­ge groei­er is im­mer­groen en in die len­te en vroeë so­mer is dit oor­trek met mas­sas wit wel­rie­ken­de, ster­vor­mi­ge blom­me­tjies. Dié plant verg min on­der­houd en hou van vrug­ba­re grond wat goed d­rei­neer, maar nie heel­te­mal uit­droog nie.

“Ster­jas­myn is ’n wa­re staat­ma­ker en groei goed in die son én vol­ska­du­wee,” sê Ba­rend Jou­bert van Ons Tuin Kwe­ke­ry op U­ping­ton. “Maar,” voeg hy by, “in stre­ke met s­traw­we ryp kan hy suk­kel. Die bla­re sal ver­kleur en dood lyk, en soms ook af­val.”

Voed die plant ge­reeld met 3:1:5 om ’n lan­ger blom­tyd te ver­se­ker. Snoei goed te­rug na­dat dit in die len­te ge­blom het.

Vals­jas­myn

( Gel­se­mi­um sem­per­vi­rens) Vals­jas­myn is ’n vin­nig groei­en­de plant wat in e­ni­ge deel van die land sal groei. Dis im­mer­groen, en in die len­te oor­trek met mas­sas geel klok­vor­mi­ge blom­me­tjies. Ge­reel­de snoei ná die len­te­blom­sei­soen word aan­be­veel om dit we­lig te laat lyk.

Die plant flo­reer in goed ge­drei­neer­de grond en kan in die be­gin van die len­te met 3:1:5-kuns­mis ge­voed word.

Moe­nie dat jou vals­jas­myn uit­droog nie – dit sal die lote stok­ke­rig en droog laat word, wat slor­dig lyk. As dit ge­beur, moet die plant dras­ties te­rug­ge­sny word om nu­we groei aan te wak­ker. Met goeie ver­sor­ging kan die plant tot ne­ge maan­de van die jaar blom. Gee ge­reeld diep wa­ter. >>

Blou­re­ën

Ge­wo­ne ta­fel­drui­we

Ster­jas­myn is ook i­de­aal vir ’n sier­li­ke boog in jou tuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.