Ag­ter­blad Ri­a­na S­chee­pers ge­sels

Tuis - - KERSFEES -

Ri­a­na S­chee­pers ver­tel van Kers­fees­te saam met vreem­de­lin­ge.

Kers­fees­te was nog al­tyd vir my on­ge­mak­li­ke tye, ek weet nooit raad met my­self nie. Ek word kwaad oor die bla­tan­te kom­mer­si­ë­le uit­bui­ting van hier­die tyd en ek word hart­seer oor die mens­dom wat son­der weer­stand mee­doen aan hier­die waan­sin. Ek is ook on­ge­mak­lik met Kers­fees­te, om­dat ek nie daar­van hou om tus­sen baie men­se te wees nie.

En Kersfees be­te­ken, lyk my, nood­wen­dig om tus­sen baie men­se te wees.

Daar­om vlug ek al­tyd, sorg ek dat ek ie­wers al­leen en ver is. Maar kom Kers­dag, dan pak die on­ge­du­rig­heid my en ek ver­lang na die in­nig­heid van my fa­mi­lie om die eet­ka­mer­ta­fel in my ou­er­huis.

Vir ’n lang tyd in my le­we was ek nooit met Kersfees by my fa­mi­lie nie. Óf daar was werks­ver­plig­tin­ge, óf ek was in die bui­te­land ...

Daar was al­tyd iets wat ver­hin­der dat ek die meer as twee­dui­send ki­lo­me­ter af­lê na my ou­er­huis. Maar in hier­die on­ge­mak­li­ke tyd van my le­we het daar din­ge met my ge­beur wat vir my ge­wys het wat Kersfees moet wees.

Een mid­del De­sem­ber kry ek ’n nu­we buur­man. ’n Ent­jie ver­der af in die sy­straat waar ek woon, staan ’n vrag­mo­tor en laai meu­bels af. Ek stap toe­val­lig ver­by die Vic­to­ri­aan­se hui­sie en sien dat daar boek­rak­ke af­ge­laai word. Baie boek­rak­ke, en krat­te waar­op BOOKS ge­stem­pel staan. Mm ... dink ek, van hier­die mens sal ek hou. Ek ont­moet hom wel ’n paar dae la­ter toe ek weer op ’n stap­tog deur die pi­kan­te ste­gies van my buurt gaan. Hy is ’n En­gels­man wat SuidA­fri­ka sy nu­we tuis­te maak. En ja, ek hou van hom. Sy oë is hel­der en oop. La­ter gee ek vir hom bo­bo­tie en ’n bot­tel goeie Kaap­se wyn, want hy is wel­kom in on­se buurt.

Twee dae voor Kersfees, toe al die simp­to­me van heim­wee en on­ge­du­rig­heid my reeds beet­ge­pak het, klop hy aan my deur. Hy nooi my vir die Ker­s­e­te by sy huis.

Ek is stom­ver­baas, en bit­ter­lik ver­leë. Want was dit nie mý plig om hom te nooi nie?

Die Kers­fees­maal aan sy ta­fel is dood­ge­woon ver­ruk­lik. Dis ’n ta­fel wat nie kreun van oor­da­dig­heid nie, maar jou oor­rom­pel met heer­lik­he­de wat met in­tie­me sorg be­rei is. Die men­se om die ta­fel is al­mal vreem­de­lin­ge, men­se wat die En­gels­man pas leer ken het, maar ná die ete vir e­wig as vrien­de saam­ge­snoer is.

Die vreem­de­ling in ons poor­te het ons ver­sa­mel, vir my ge­wys wat vrien­de­lik­heid en gas­vry­heid is. Wat Kersfees is.

’n An­der keer ry ek laat­mid­dag op Ou­kers­dag Wes­kus toe. Ek pak ’n bot­tel von­kel­wyn in en vlug; ek sien nie kans om al­leen tuis te wees nie.

Kort an­der­kant Y­zer­fon­tein is daar men­se langs die pad. ’n Man en ’n vrou. En ’n ba­ba­tjie in die vrou se arms.

Nee, nee, nee ... ver­maan ek my­self, moe­nie moei­lik­heid sóék nie. Maar ek stop wel. Hul­le kom aan­ge­loop na die mo­tor, ook hul­le is on­se­ker of hul­le by hier­die vreem­de mens in die kar kan klim. Hul­le wil graag Veld­drif toe gaan, as­se­blief, Me­vrou? In die toe­ne­men­de so­mer­ske­mer­te ry ek hul­le na waar hul­le vir Kersfees wil wees, hul ou­er­huis op Veld­drif. Hul­le is dank­baar vir die ge­leent­heid, want hul­le staan al lank langs die pad. Die ba­ba­tjie wat sy ge­sig­gie skoon skeef ge­huil het, raak teen sy ma se skou­er aan die slaap.

Hul­le be­duie hoe ek moet ry. Ek stop voor ’n vis­sers­hui­sie met ’n blou deur. Hier, sê hul­le, hier bly ons.

Hul men­se kom uit, ver­ras en dank­baar dat die kin­ders daar is, en vei­lig.

My reis­ge­no­te se pa kom gee my ’n hand­druk. Sy hand is grof en groot, ’n vis­ser­man se hand. Sy vrou glim­lag ska­me­rig vir my. Wil Me­vrou nie saam met ons kom eet nie? Ons het nie baie nie, maar Me­vrou is wel­kom.

Ek klim af, ek bring die bot­tel von­kel­wyn saam. Ek sit in die kom­buis en eet saam met die Jo­seph-fa­mi­lie s­noek en geel­rys en ta­ma­tie-met-uie en jel­lie en vla vir na­ge­reg. Ons lag en ons eet en ons is ver­skrik­lik ge­luk­kig, want dit is hoe Kersfees moet wees.

En van­jaar se Kersfees? Wat bring dit in hier­die tyd dat ek ’n ge­luk­ki­ge mens is? Die vreem­de­ling in die poort sal wel sy ver­sky­ning maak. Ek kyk uit vir daar­die mens. Want hy of sy sal ge­nooi word na my Kers­fees­maal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.