Ge­groet!

Nou die aand het ek ’n vreem­de droom.

Tuis - - KERSFEES -

In my die­pe slaap voer ek ’n ge­sprek met ’n hond. Sy naam is Uku (uit­ge­spreek Joe-koe). Ek ont­hou die spel­ling goed, want ek het by die hond self dub­bel se­ker ge­maak hoe ’n mens sy naam spel, want – en hier raak dit nou rê­rig vreemd – dis nie som­mer e­ni­ge hond nie. Dis die hond wat voort­aan Tuis se “De­kor­di­lem­ma”-ru­briek gaan han­teer.

Maar wag. Dit raak net be­ter. Uku die de­k­or­ghoe­roe is be­sig met ’n oor­maak­ses­sie. Waar? In my nig­gie G­rie­ta se huis. Op Moor­rees­burg. Hoe sê Su­zel­le DIY? “The­re’s it.”

Toe ek wak­ker word, is die her­in­ne­ring aan die droom so hel­der soos ’n fo­to. Op pad werk toe bel ek my nig­gie. “G­rie­ta,” sê ek, “as daar ’n gol­den re­trie­ver by jou huis op­daag en jou meu­bels be­gin rond­skuif en raad gee oor verf­kleu­re, luis­ter na hom, want hy werk vir Tuis …” Ons kon net lag. Jy won­der dalk hoe­kom ek die (werk­lik em­bar­ras­se­ren­de) ver­haal ver­tel? Want ek is diep dank­baar Kersfees is om die draai. Daar­die tyd van die jaar dat al­mal eers ge­sa­ment­lik dol­ler as kop-af raak, voor­dat jy – vir die sa­li­ge week tus­sen Kersfees en Nu­we­jaar – eint­lik kan hoor hoe die mens­dom ’n sug van ver­lig­ting gee. Dis as­of tyd gaan stil­staan.

En kom ons wees nou maar eer­lik: As hon­de be­gin praat (en boon­op aan­stel­le­ri­ge na­me het) het die jaar sy tol be­gin eis. Uku. Ag, as­se­blief.

Ie­der ge­val. El­ke jaar voel dit as­of die tyd vin­ni­ger vlieg. Ons is al­mal net so­veel be­si­ger. En daar is so­veel meer goed wat ons aan­dag eis. So­si­a­le me­dia. TV. E-pos­se. Apps op ons im­mer vin­ni­ger, be­ter, al­tyd by­der­hand slim­fo­ne. En dan moes ons nog kop­hou met beurt­krag ook.

Daar­om is my wen­se vir jou dié Kersfees: Rus. Mak­li­ke gas­te. Lek­ker kos. Goeie wyn as dit jou be­haag. Son­skyn by die see (as jy weg­gaan), of stil­te by die huis.

En geen e-pos­se nie, nie­mand wat jou van ’n in­bel­sen­trum af bel met “hal­lo, how are you” nie, net goeie nuus en lek­ker lag, tot laat in die nag.

Hier­die uit­ga­we is prop­vol i­dees. Mag dit jou Kersfees mooi, maar mak­lik maak. Dat jy en jou naas­tes tyd – daar­die ding waar­van ons nie een dees­dae ge­noeg het nie – saam kan ge­niet.

Ge­se­ënd, waar jy ook al is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.