Pie­sang­brood met blou­bes­sies

Tuis - - KOMPETISIE -

On­der R70 • Ge­noeg vir 1 brood­jie Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te • Bak­tyd: 45 mi­nu­te–1 uur • 350 g (so­wat 3) ryp pie­sangs • 1 ei­er, ge­klits • 60 ml klap­per­melk • 125 ml ge­smel­te bot­ter • 144 g (180 ml) sui­ker • 210 g (375 ml) bruis­meel, ge­sif • 125 ml blou­bes­sies • 10 ml ka­neel • mas­car­po­ne om voor te sit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Ge­bruik ’n staaf­men­ger en pols die pie­sang, ei­er, klap­per­melk, bot­ter en sui­ker saam tot fyn. Vou die bruis­meel, blou­bes­sies en ka­neel in en skep die be­slag in ’n ge­smeer­de brood­pan. Bak vir 45 mi­nu­te–1 uur tot deur­gaar (ge­bruik ’n toets­pen om se­ker te maak) en sit voor met mas­car­po­ne en heu­ning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.