Vra die ken­ners

Soek jy ska­du vir jou stoep, wil jy eks­pe­ri­men­teer met in­leg­werk of ’n verf­teg­niek? Vra net – ons kry die ant­woor­de.

Tuis - - SUMARIO - Saam­ge­stel deur Beatrice Moo­re-N­öthna­gel

In die ska­du

Ro­se­ma­ry Ma­son van S­cott­burgh skryf Ek is mal oor die be­dek­te stoep op blad­sy 33 en die een op blad­sy 117 van Tuis

Werf 2015. Ons stoep is be­dek met ’n vin­nig groei­en­de Thun­ber­gia-klim­plant, maar nou­dat ek nie meer hulp in die tuin het nie, wil ek dit ver­vang met lat­te of iets soort­ge­lyks en dit be­dek met deur­sig­ti­ge dak­pla­te. Ek woon by die kus, so ek is ook be­kom­merd oor die hit­te; die stoep is oop en kry smid­dae vol­son. Wat­ter soort ska­du­lap kan ek vir koel­te ge­bruik? Tes­sa van Wyn­gaar­den van Cool­a­roo ant­woord As jy ’n so­lie­de be­dek­king soek, is stoep­blin­dings i­de­aal om hit­te uit te hou. Daar is baie ver­skil­len­de sty­le om van te kies en pry­se wis­sel tus­sen R675 en R2 499 per klaar­ge­maak­te blin­ding, af­han­gend van die groot­te.

As jy op so­lie­de per­speks­pla­te be­sluit, kan jy dit mak­lik be­dek met ons ska­du­lap wat 90% van die son se UV-stra­le uit­hou. Die ska­du­lap is be­skik­baar in vier kleu­re; kies ’n lig­te kleur om jou stoep koe­ler te hou. Die ma­te­ri­aal is duur­saam en be­stand teen ver­we­ring weens UV-stra­le.

Ons Ex­tre­me Shade Sail is ’n won­der­li­ke op­los­sing vir ska­du oor ’n stoep, en dit vra min on­der­houd. Nie net is dit ui­ters kos­te­doel­tref­fend nie, dis ook ’n prak­tie­se op­los­sing vir die kus. Dis ge­maak van ’n duur­sa­me, ge­brei­de ma­te­ri­aal, hou meer as 90% van die son se UV-stra­le uit, maar laat steeds lug deur, wat jou koel hou. Die lap is muf­be­stand en kan met ’n tuin­slang skoon­ge­spuit word. Die seil is ook só ont­werp dat dit kus­ge­bie­de se sterk wind kan han­teer.

Oor­weeg dit om twee of meer ska­du­sei­le te laat oor­vleu­el om jou eie per­soon­li­ke styl te weer­spie­ël en, na­tuur­lik, meer ska­du te skep. Dit kom in ’n ver­skei­den­heid vorms en groot­tes en pry­se wis­sel van R1 199 tot R3 299 per klaar­ge­maak­te seil.

KON­TAK 021 701 0787, cool­a­roo.co.za

Het jy die 2015-uit­ga­we van Tuis Werf ge­mis? S­tuur ’n e-pos na re­dak­[email protected], dan pos ons vir jou een. S­tuur jou vrae na ken­[email protected] Die Van Nieu­wen­hui­zens van P­re­to­ria het die hout­bal­ke op hul stoep be­dek met...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.