De­kor­di­lem­ma

Tuis - - SUMARIO - E-pos ken­[email protected]

Die pro­bleem

Yo­lan­die du Preez van Cen­tu­ri­on skryf Ons is raad­op met ons groot leef­ver­trek! Dis te klein vir ’n oop­plan-sit-en-eet­ka­mer en te groot vir net ’n sit­ka­mer. Ons wil graag iets nuuts doen; hoe kan ons dit laat werk? Die op­los­sing

Renée en Ja­nel van in­te­ri­or­cre­a­tors.com ant­woord Kyk kri­ties na die in­houd van die ver­trek. Skep dan funk­si­o­ne­le ruim­tes en ver­een­vou­dig die voor­koms met be­hulp van ’n te­ma. Ons stel ’n oop, lug­ti­ge voor­koms met ’n neu­tra­le pa­let voor wat ja­re lank mooi en in die mo­de sal bly. Hier’s ’n paar wenke: Skep struk­tuur 1 Ver­een­vou­dig die ruim­te met vou­hort­jies voor die ven­sters; dis re­de­lik duur, maar die be­leg­ging werd. Vei­lig­heids­hort­jies dien ’n dub­be­le doel deur pri­vaat­heid en ’n ek­stra vei­lig­heidslaag te skep son­der die no­dig­heid vir dief­we­ring, gor­dy­ne of blin­dings – gaan kyk by win­do­w­vert.co.za. 2 Die TV-muur is ’n fo­kus­punt en ver­dien dus spe­si­a­le aan­dag. Be­klee jou muur met pa­let­te – jy kan ou­es by groen­te­mark­te op­tel of nu­wes by Mr Shelf koop. Met die pa­let­plan­ke ef­fens uit­me­kaar ge­spa­si­eer, gee dit jou ’n struk­tuur waar­teen jy sweefrak­ke kan mon­teer, ’n TV-stut vas­sit en pren­te hang; on­oog­li­ke e­lek­trie­se dra­de en ka­bels kan mak­lik daar­ag­ter weg­ge­steek word. 3 Los die hout in sy ru­we vorm vir ’n warm voor­koms en verf die om­lig­gen­de mu­re in ’n sag­te wit soos E­ve­ning Mist van Plas­con. 4 Voeg teks­tuur by deur die muur oor­kant die TV met plak­pa­pier te be­dek. Kies iets na jou smaak of laat jou eie druk; laai ’n prent by shut­ter­stock.com af en laat druk dit by ’n di­gi­ta­le druk­ker soos S­mar­tArt in Kaap­stad of Print Co­ve­rings in Jo­han­nes­burg; Wal­l­co­ve­rings Inc het tak­ke in Kaap­stad, Jo­han­nes­burg en Dur­ban. Gee tref­krag 5 Gee ’n bie­tjie warm­te aan die te­ël­vloer met ’n hen­nep­mat van Coir­tex; dit het ’n g­ly­vas­te rug­kant en word op maat ge­sny. Maak se­ker dis groot ge­noeg dat dit die he­le sit­ge­deel­te se vloer be­dek – rond­om die ban­ke en an­der meu­bels; dit sal die ruim­te af­ba­ken en ver­e­nig. 6 Nou kan jy na ge­mak­li­ke meu­bels en styl­vol­le by­kom­stig­he­de kyk. ’n S­taal­grys drie­sit­plek­bank van MRP Ho­me is ’n goeie keu­se, met ’n ge­mak­stoel van @ho­me daar­by vir ek­stra sit­plek. Voeg ’n paar trom­stoel­tjies van Co­ri­craft by as neer­sit­plek vir kop­pies en gla­se wan­neer no­dig. En oor­weeg ’n glas-en-hout­kof­fie­ta­fel in die mid­del van die sit­ge­deel­te.

E­ve­ning Mist van Plas­con Bin­di-stoel R1495, Co­ri­craft VER­SKAF­FERS @ho­me 0860 576 576, ho­me.co.za Coir­tex 021 762 2227, coir­tex.co.za Co­ri­craft 021 914 2001, co­ri­craft.co.za MRP Ho­me 0800 212 535, mrp­ho­me.com Mr S­helf 0861 677 435, mrs­helf.co.za...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.