Hal­lo!

Die eer­ste keer dat ek iets op Gum­tree ver­koop het, was die be­gin van ’n ver­sla­wing ...

Tuis - - SUMARIO - re­dak­[email protected]

Dit was drie kroegstoel­tjies, oor­ge­trek met wit leer, wat net nie meer by my huis se de­kor ge­pas het nie. Ek het die foto’s ge­neem, die be­skry­wing ge­laai, en bin­ne ’n dag was die stoel­tjies weg – ge­koop deur drie moe­de­lo­se man­ne wat ein­ste stoel­tjies moes hê vir ’n seil­jag-eks­po in die Kaap. Hul­le kon nie om­gee wat dit kos nie, want die stal­le­tjie moes klaar. Ek kon nie om­gee waar­voor hul­le dit wou hê nie, want my ge­duld met die wit stoel­tjies was klaar.

En so het ’n ver­sla­wen­de koop-en-ver­koop-ver­hou­ding be­gin. Met my huis­op­knap het my aan­lyn­be­dry­wig­he­de nu­we laag­te- en hoogtepunt­e be­reik. Want als wat oud en ge­daan was, of net nie meer ge­pas het nie, is op die web ver­kwan­sel: die ou vei­lig­heids­hek (hy is uit die ko­syn ver­koop, die vrou het som­mer haar eie bou­er ge­stuur om dit te kom uit­skroef); bad­ka­mer­re­lings (klan­des­tien oor­han­dig in die voor­por­taal van ons ge­bou in die mid­de­stad); die lei­klip wat on­der de­ka­des se rom­mel in die klein voor­tuin­tjie was (die men­se moes twee keer ry, die kar is neus in die lug die bult af, swaar ge­laai).

Ek kan nog baie goed noem: vuil gor­dy­ne aan hul kap­stok, pot­te uit die tuin, ’n stal­deur. En uit­ein­de­lik ook an­der goed wat niks met die bou­e­ry te doen ge­had het nie: ’n kof­fie­ta­fel, bank, len­de­lam kas­sie, selfs ’n ou iPad wat on­ge­bruik rond­ge­lê het. Ka-tsjieng.

Maar o wee – dan sien mens ook soms an­der goed raak. Soos die groen draad­stel­le­tjie wat nou in my tuin staan (daar waar ek die lei­klip ont­dek het), ’n ou kle­re­kas (of twee), so am­per­tjies ’n kuns­werk …

Die punt is: An­der men­se se rom­mel maak my op­ge­won­de; my eie maak my moeg. Maar as jy slim koop en ver­koop, is dit ’n bie­tjie soos dob­bel. Ek kan ge­luk­kig sê ek het meer ge­wen as wat ek ver­loor het. Trou­ens, my re­kord­boe­kie wys my wins uit ver­ko­pe is gro­ter as my “ver­lie­se” van­weë aan­ko­pe. En hoe mooi is daar­die groen stel­le­tjie in my tuin nie?

Dis Ja­nu­a­rie, vir baie men­se ’n tyd vir see toe gaan. Daar­om dat ons ou­der­ge­woon­te mooi strand­hui­se wys – van ’n sub­tro­pie­se kaal­voet­plek­kie in Bal­li­to tot ’n see­huis wat ook woon­huis is in C­hint­sa. Dis ’n tyd vir rus, en her­in­ne­rin­ge skep. In­sta­gram-oom­blik­ke, Fa­ce­book­her­in­ne­rin­ge. Dalk ’n paar sel­f­ies. Waar jy ook al die nu­we jaar in­gaan, mag dit goeie her­in­ne­rin­ge b­ring.

Maar Ja­nu­a­rie is ook ’n tyd vir nuut be­gin. As jy te­rug is by die huis, gooi bie­tjie uit en ver­koop wat nie no­dig is nie. Dit dra jou dalk deur die ma­er Ja­nu­a­rie­maand ná Kers­fees (net te veel pre­sen­te!). En as daar iet­sie moois Gum­tree toe gaan, stuur maar vir my ’n e-pos, hoor … Mens weet nooit.

Lek­ker lees, en mag 2016 ’n goeie jaar wees!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.