Re­de vir op­knap

Tuis - - DEKOR -

Na­dat hul­le ja­re lank op hul prag­ti­ge, af­ge­son­der­de gas­te­plaas in die Se­der­ber­ge ge­woon het, het And­rea en haar oor­le­de man, Mo­ritz, na die sjar­man­te dor­pie S­tan­ford in die O­ver­berg ge­trek. Hul­le het die huis in Ja­nu­a­rie 2013 ge­koop – die on­weer­staan­ba­re knus at­mos­feer het die be­sluit mak­lik ge­maak.

“Ons het baie gou nu­we vrien­de ge­maak, maar vin­nig be­sef daar was nie plek om hul­le te ont­haal nie,” ont­hou And­rea, wat be­sluit het sy moes die stoep van 27 m2 oor die leng­te van die huis langs ver­leng om ek­stra leef­ruim­te te skep.

And­rea het met plaas­li­ke bou­ers en nuts­man­ne ge­werk om haar vi­sie ’n werk­lik­heid te maak; sy kon ook die ken­nis en er­va­ring wat sy op­ge­doen het toe sy gas­te­kot­hui­se op hul plaas ge­bou het, in­span. “Ek was nog al­tyd lief vir die bui­te­le­we. En ek ver­moed om­dat ek van Duits­land is, waar­deer ek dit nog meer! Ons tuin­tjie is prag­tig en pri­vaat, so ek wou reg­tig ’n ruim­te skep wat ons goed kon be­nut,” sê And­rea. Sy het be­sluit om die stoep te be­dek so­dat die meu­bels heel­jaar bui­te kan staan; sy het ook al die slaap­ka­mer­deu­re só ont­werp dat hul­le op dié ruim­te oop­maak.

“Dis net won­der­lik om hier te ont­haal. Vol­was­se­nes en kin­ders vind al­tyd ’n plek­kie om te kui­er of rus­tig te lees,” sê And­rea. Sy het ver­skil­len­de “ver­trek­ke” in die oop­plan­ruim­te ge­skep; haar guns­te­ling is die deel met die dag­bed­dens. “Ek is dol daar­oor om hier te kom sit met ’n boek en te sien hoe die kin­ders in die swem­bad bal­jaar. Dis ook hier waar ek vir hul­le slaap­tyd­sto­ries on­der die fee­lig­gies lees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.