Splin­ter­nuut in 6 stap­pe

Ons ver­f­ghoe­roe, Mar­le­ne Kru­ger van In­spi­red In­te­ri­ors, gee ’n ou boek­rak nu­we le­we met Tuis se Dir­ty Hands-kryt­verf en vi­niel.

Tuis - - DOEN DIT SELF - Foto’s Fran­cois O­ber­hol­ster • Stilering Ma­ri­an van Wyk

1 Maak se­ker die kas is mooi skoon (was dit af met sui­ker­seep as jy nie se­ker is nie). Skuur die op­per­vlak lig­gies net om se­ker te maak al die los verf is ver­wy­der. Stof deeg­lik af.

2 Wend jou eer­ste laag verf met ’n spons­rol­ler aan om ’n e­ga­li­ge af­wer­king te kry. Daar­na kan jy ’n kwas ge­bruik vir die twee­de laag. Wag dat el­ke laag verf goed droog word.

3 Skuur die voor­ste ran­de van die vak­kies lig­gies so­dat die oor­spronk­li­ke wit van die kas weer deur­kom – dit gee de­fi­ni­sie.

4 Wend ’n be­sker­men­de laag Woodoc An­ti­que Wax met ’n sag­te kwas oor al die ge­verf­de de­le aan. Blon­die-kwas­te werk goed vir dié doel.

5 Vryf die was dan met ’n nu­we, skoon lap tot dit blink en daar nie meer strem­ming op die lap is ter­wyl jy vryf nie.

6 Meet en sny die vi­niel in die ver­lang­de groot­te. Kram dit ag­ter­aan die kas vas met ’n kram­ge­weer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.