“Was” met verf

Tuis - - GEREELD -

Ju­ne Fer­rei­ra van Cen­tu­ri­on skryf Ek is mal oor die kleur­was­teg­niek met verf, maar is on­se­ker hoe die voor­koms ver­kry word. Kan jul­le as­se­blief vir my stap vir stap ver­dui­de­lik hoe ek dit met Plas­con-verf kan doen?

Lisa S­paar­wa­ter van Le­mon & Li­lac ant­woord Die kleur­was­teg­niek (“co­lour­wa­shing”) is on­ge­luk­kig nie ’n paar vin­ni­ge stap­pe nie; dis ’n re­de­lik ge­vor­der­de teg­niek. Maar moe­nie dat dit jou af­skrik nie, wees net ge­dul­dig en gee jou­self ge­noeg tyd. 1 Verf die muur (wat reeds met ’n wit on­der­laag voor­be­rei is) e­ga­lig met twee lae Plas­con Dou­ble Vel­vet – ek hou van die kleur Lan­ding (E15-2) of F­rench C­har­treu­se (Y5D2-3) as ba­sis vir ’n grys voor­koms. 2 Maak nou die kleur­was­meng­sel aan: 500 ml ne­wel­gla­suur (“scum­ble gla­ze”), 250 ml wa­ter­ba­sis­verf en 250 ml wa­ter. Op ’n warm dag kan jy meer ne­wel­gla­suur ge­bruik. Die ne­wel­gla­suur hou die verf vir lan­ger nat, wat jou kans gee om die verf oor die muur te smeer tot jy te­vre­de is met hoe dit lyk. Vir ’n aard­se of warm kleur, kies Plas­con Sa­w­mill (E15-6) en pro­beer Plas­con Pa­ris Pa­ving (GR-Y09) vir ’n gryser muur. 3 Maak se­ker jy het spon­se, lap­pe en ’n lek­ker groot kwas. Be­dek die vloer met plas­tiek, want dit kan mor­sig raak. Be­gin links bo teen die muur – doop ’n groot s­pons in die meng­sel en smeer dit met sir­kel­be­we­gings aan die muur. Ge­bruik ’n klein kwas om die meng­sel net­jies in die hoe­ke in te sny. 4 Neem nou ’n groot, sag­te, droë kwas en vee lig­gies oor die verf in ver­skil­len­de rig­tings om ’n sag­ter ef­fek te ver­kry so­dat jy nie kwas- of spons­mer­ke op die muur sien nie. Dis be­ter as twee men­se saam­werk; span som­mer vir man­lief in. WENKE • Be­hou al­tyd ’n nat “rand” so­dat die verf nie te vin­nig droog word nie en jy ’n e­ga­li­ge voor­koms kan kry. • Hier­die verf­teg­niek sal e­ni­ge ge­bre­ke op die muur uit­wys, so jy sal on­ge­luk­kig nie mer­ke en kra­ke kan weg­steek nie. Dit kan wel tot ’n in­te­res­san­te ef­fek lei! • Een li­ter Plas­con Dou­ble Vel­vet sal on­ge­veer 8 m² dek, ter­wyl die aan­ge­maak­te kleur­meng­sel hier­bo so­wat 20 m² sal dek.

KON­TAK le­mon­li­lac.co.za

Dié teg­niek sal goed werk met e­ni­ge PVA-verf van goeie ge­hal­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.