Kort­liks

Tuis - - GEREELD -

V: Op blad­sy 115 van jul Au­gus­tus 2015-uit­ga­we is daar ’n re­sep vir ’n vin­ni­ge pas­tei­kors. Moet die vul­sel warm of koud wees wan­neer jy die lo­pe­ri­ge deeg­meng­sel bo-op skep? – Sa­rie Mos­tert, S­tel­len­bosch

A: Vol­gens Tuis se kos­re­dak­teur, Jo­hané Neil­son, hoef jy nie te wag dat die vul­sel af­koel soos met blaar- of fil­lo­deeg nie. En ont­hou, as jou vul­sel koud is, sal jy dit ’n bie­tjie lan­ger moet bak. V: Van wat­ter lap is die blin­ding op blad­sy 47 van jul Ok­to­ber 2015-uit­ga­we ge­maak? – Jen­ny Cruse, Kaap­stad

A: Die huis­ei­e­naar het dit ja­re ge­le­de by ’n reeks­ein­de-uit­ver­ko­ping ge­koop; pro­beer Big­gie Be­st (big­gie­be­st­webs­hop.co.za) vir iets soort­ge­lyks. V: Ek wil graag die ban­kie op blad­sy 33 van jul Au­gus­tus 2015-uit­ga­we bou. Wat is vir die sit­ge­deel­te en die bo­kant van die rug­leu­ning ge­bruik? – Ma­re­tha Pretorius, Hart­bees­poort

A: Die huis­ei­e­naars het se­ment-rand­ste­ne van Dé­cor and S­to­ne (084 505 7700,

de­co­rands­to­ne.com) in die kleur

Ki­li­man­ja­ro ge­bruik.

V: Waar kan ek die spie­ëls koop wat op blad­sy 27 van jul A­pril 2013-uit­ga­we

ver­skyn? – E­beth Mei­ring A: Soort­ge­ly­ke spie­ëls is be­skik­baar by Block & C­hi­sel (011 442 0809, blockan­d­chi­sel.co.za) en Big­gie Be­st

(big­gie­be­st­webs­hop.co.za). >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.