Taw­we tie­nies vir ’n kus­tuin

Son, wind, see­sproei en min wa­ter? Geen pro­bleem vir dié 3 ge­har­de plan­te nie.

Tuis - - JOU TUIN - Deur Ma­rié Ester­huy­se • Foto’s Fran­cois O­ber­hol­ster

(Li­mo­ni­um pe­re­zii)

Die reu­se­pa­pier­blom is e­ni­ge kus­tui­nier se droom. Dié meer­ja­ri­ge is wind­be­stand, op sy ge­luk­kig­ste na­by die see en boon­op ’n goeie sny­blom wat lank in wa­ter hou. Wan­neer die reu­se­pa­pier­blom van Ju­nie reg­deur die win­ter tot in die so­mer blom, is dit op sy mooi­ste. Plant dit in vol­son by die see of ge­deel­te­li­ke ska­du­wee in die bin­ne­land waar dit baie warm is. Die plant hou van goed ge­drei­neer­de, selfs san­de­ri­ge, grond en kan ver­al by die kus met min wa­ter klaar­kom. Hoe­wel die plant droog­te­be­stand is, wil dit in die bin­ne­land meer wa­ter hê. Sny dooie blom­me ge­reeld af om dit aan te moe­dig om nog meer te blom. Plant ook Li­mo­ni­um la­ti­fo­li­um of die in­heem­se L. pe­ri­gri­num – laas­ge­noem­de, ’n baie ge­har­de plant, se pienk blom­me ver­skyn in die so­mer. Dié twee al­ter­na­tie­we is ook ge­skik vir see­tui­ne. >>

(We­strin­gia fru­ti­co­sa)

Dié Aus­tra­lie­se s­truik het sy En­gel­se noem­naam, “co­as­tal ro­se­ma­ry”, nie son­der re­de ge­kry nie. Dis ’n baie nut­ti­ge plant in kus­tui­ne, want dit word nie in die min­ste ge­pla deur ’n sou­te­ri­ge see­sproei nie. Van die len­te dwars­deur die so­mer dra dit klein wit, pienk, lig­pers of lig­blou blom­me­tjies aan die pun­te van groen-grys tak­kies. Aus­tra­lie­se roos­ma­ryn ver­kies re­ën in die win­ter, maar aard goed in so­mer­re­ën­stre­ke so­lank dit in die win­ter wa­ter kry. Plant dié s­truik in vol­son of selfs ge­deel­te­li­ke ska­du­wee in re­de­lik vrug­ba­re grond.

(Ros­ma­ri­nus of­fi­ci­na­lis)

Al is roos­ma­ryn meer be­kend as ’n krui, is dit ook ’n baie nut­ti­ge bed­ding­plant. En wat maak dit nou saak as jou kom­buis­kruie tus­sen jou blom­me groei? Dié meer­ja­ri­ge s­truik, wat ook in ’n hei­ning ge­snoei kan word, is ge­hard en vra min wa­ter. Dit aard goed in kus­tui­ne en in dro­ër de­le van die land. Gee roos­ma­ryn aan­vank­lik ge­reeld wa­ter tot die plant goed ge­ves­tig is of wan­neer dit vir ’n tyd lank baie droog was. Roos­ma­ryn, met sy geu­ri­ge bla­re, blom vir lang tye aan­een. Dis ’n mak­li­ke plant om te kweek; dit hou van baie son en sal goed aard in e­ni­ge ti­pe grond, mits dit goed drei­neer.

Ma­rié Ester­huy­se

Aus­tra­lie­se roos­ma­ryn Aus­tra­lie­se roos­ma­rynkan vir vorm­snoei ge­bruik word en werkbaie goed as lae hei­ning­plant. Sny dit ge­reeld te­rug om ditnet­jies te hou.

Roos­ma­rynBron­ne Maak tuin saam met Keith Kir­sten deur Keith Kir­sten, Die Suid-A­fri­kaan­se Wat­ter blom is dit? deur K­ris­to Pie­naar, Re­a­der’sDi­ge­st A South A­fri­can Garden for all Se­a­sons met hoof-me­de­wer­ker Jen­ni­ferGod­bold-Simp­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.