’n Gras­perk son­der gei­te

Al­mal be­geer ’n sag­te, groen lap­pie gras. Maar hoe ge­maak in droog­te-tye, of wan­neer dit plek-plek vrek, of in ska­du­kol­le? Ken­ners be­ant­woord ons vrae.

Tuis - - JOU TUIN -

VMoet jy jou gras­perk prys­gee vir ’n e­ko­vrien­de­li­ke tuin?

A­Nie nood­wen­dig nie, sê Mar­la­en. Gras keer dat wa­ter af­loop, ver­al ná swaar re­ën­buie. In die noor­de­li­ke de­le van die land, waar so­mer­storms al­ge­meen is, hou dit die grond on­der die gras­perk koel en bied só ’n vei­li­ge ha­we vir voor­de­li­ge in­sek­te.

Die groot pro­bleem, glo Mar­la­en, is dat men­se ver­wag hul gras­perk moet heel­jaar groen wees. Ont­span eer­der en ont­hou dat gras oral waar dit in die na­tuur voor­kom, nie dwars­deur die jaar soos ’n net­jies ver­sorg­de set­perk lyk nie.

V moet Be­ne­wens son en ska­du­wee, wat

jy nog in ag neem wan­neer jy jou gras­perk plant? A Dink hoe swaar die ver­keer oor jou gras­perk gaan wees, sê Mar­la­en. As die kin­ders ge­reeld die he­le rug­by­span huis toe nooi vir touchies, gaan jy ’n taam­lik ro­buus­te gras­perk no­dig hê, soos Ber­mu­da-gras wat ook op rol­bal- en gholf­ba­ne ge­bruik word.

In­dien jy gras tus­sen pla­vei­ste­ne of weers­kan­te van ’n tuin­paad­jie wil plant, moet jy in ge­dag­te hou dat ki­koe­joe se kan­nie­dood lo­te waar­skyn­lik pro­ble­me gaan ver­oor­saak. ’n Aan­trek­li­ke plaas­ver­van­ger vir gras is Won­der­la­wn (Di­chon­dra re­pens) – ’n grond­be­dek­ker met klein, kla­wer­ag­ti­ge bla­re. Dit groei in die son én ska­du, vorm ’n dig­te mat en is baie duur­saam.

V Wat­ter gras groei die bes­te in ska­du­wee? A’n Meng­sel van een­ja­ri­ge en meer­ja­ri­ge saad, sê Mar­la­en. Ball Straathof se E­ver­green La­wn­meng­sel is ge­skik vir ska­du- so­wel as son­toe­stan­de, en hoë en lae temperatur­e. Hier­die gras­se het nie lo­pers nie en groei in klos­se. Dit maak hul­le mak­li­ker om in stand te hou, maar vir be­hoor­li­ke dek­king moet jy nie te dun saai nie. En dit verg heel­wat wa­ter om ’n gras­perk van dié men­sel aan die gang te kry en te hou. Moet ook nie dié gras­soor­te te kort sny nie, want dit kan die wor­tels be­ska­dig.

V Wat is die bes­te gras vir droë toe­stan­de? A Ki­koe­joe bly Suid-A­fri­ka se ge­wild­ste gras­perk, sê Mar­la­en, al ver­sprei dit mak­lik na blom­bed­dings en op­rit­te. Bui­te die re­ën­sei­soen, ver­al op plek­ke waar ryp in die win­ter voor­kom, het jy heel­wat wa­ter no­dig om te keer dat jou ki­koe­joe­gras­perk bruin word. Ber­mu­da-gras, ook be­kend as kweek, vaar iet­wat be­ter in droë, warm toe­stan­de en is nie heel­te­mal so dors soos ki­koe­joe nie. Dié gras­soort, wat as in­heems be­skou word, het ’n fy­ner teks­tuur as ki­koe­joe, maar dit be­te­ken nie dat hy skrik vir ’n rug­by­span of an­der swaar ver­keer nie.

As ki­koe­joe te “dors” is na jou smaak, oor­weeg Cyn­o­don ‘P­rin­cess’ vir son­kol­le. Dit het die helf­te so­veel wa­ter no­dig as ki­koe­joe, sê Paul.

Vol­gens Ja­co is buf­fels­gras (S­te­no­taphrum se­cun­da­tum) ook meer droog­te­be­stand as ki­koe­joe.

V Wat­ter kos het ’n gras­perk no­dig? A Be­mes jou gras­perk in die len­te, en weer vroeg in die herfs vir ’n hup­stoot voor die win­ter, is Mar­la­en se raad vir gras­per­ke wat koue, droë win­ters trot­seer. Sy stel voor: • Len­te 5:1:5 toe­ge­dien teen 50 g/m² (be­gin Au­gus­tus en ein­de Sep­tem­ber) • So­mer 5:1:5 of KAN teen 50 g/m² (mid­del No­vem­ber, ein­de De­sem­ber en ein­de Ja­nu­a­rie) • Herfs 5:1:5 teen 50 g/m² (be­gin Maart en ein­de A­pril) • Win­ter Geen be­mes­ting ter­wyl gras nie groei nie

Op La Mot­te in die wyn­land be­mes Ja­co en sy span hul gras­per­ke maan­de­liks met Tur­bo 31 (be­skik­baar by Kyn­och) en soms 2:3:2. V Saad of sooie? En wat van lo­te of saai­lin­ge (“plugs”)? A Vol­gens Mar­la­en is saad goed­ko­per as sooie en het dit die voor­deel dat jy ’n ver­skei­den­heid soor­te kan aan­plant wat vir be­paal­de a­re­as van jou tuin ge­skik is. Die re­sul­taat is boon­op meer ge­lyk, sê Paul. Kits­gras­sooie kan on­e­we­re­dig wees, ver­al as dit nie pro­fes­si­o­neel ge­lê is nie. En an­ders as die mees­te sooie is saad boon­op on­kruid­vry.

Lo­te en saai­lin­ge kan maan­de neem om te ves­tig en laas­ge­noem­de kan duur uit­werk – ge­bruik dit om kaal kol­le in jou gras­perk mee te vul.

Deur An­ne­li­ze Vis­ser en Ma­rié Ester­huy­se

Gras­saai­lin­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.