Ta­ke vir Ja­nu­a­rie

Tuis - - JOU TUIN - Deur Kay Mont­go­me­ry

Ska­du in die tuin

Moe­nie ska­du sien as ’n pro­bleem nie; be­skou dit eer­der as be­sker­ming teen die son en ’n ge­leent­heid om ska­du­lie­wen­de plan­te te kweek.

C­li­vi­as hel­der ska­du­kol­le op, nie net in die len­te wan­neer C. mi­ni­a­ta blom nie, maar ook in die herfs met C. gar­de­nii en sy han­gen­de blom­me. P­lec­trant­hus groei in ge­fil­treer­de of vol­ska­du­wee, en heel­par­ty blom in die herfs. Som­mi­ge groei as strui­ke met wit, pienk of pers blom­me (P. fru­ti­co­sis, P. ecklo­nii); an­der is nut­ti­ge grond­be­dek­kers vir klam grond (P. ci­li­a­tus, P. oerten­dah­lii). Nog uit­ste­ken­de grond­be­dek­kers in die ska­du is die wa­ter­wys Cras­su­la mul­ti­ca­va met sy vet­plant­ag­ti­ge bla­re en klein wit-en-pienk blom­me, hen-en-kui­kens (Chlo­rop­hy­tum co­mo­sum) met ge­streep­te of groen bla­re en Li­ri­o­pe met sy klos­sies gras­ag­ti­ge, soms ge­streep­te loof en lig­pers of wit blom­me.

Plan­te vir sub­tro­pie­se ska­du­tui­ne sluit Ant­hu­ri­um en S­pa­thip­hyl­lum, va­rings, boom­va­rings, Co­leus en bro­me­lia in.

Kort en krag­tig

Die mooi­ste plan­te is nie al­tyd die groot­ste nie, maar hul klein sta­tuur dra net by tot hul sjar­me. Tooi rand­ak­kers op met tie­mie, A­lys­sum, E­che­v­e­ria se­cun­da met sy grys-groen roos­vor­mi­ge blom­me en Ge­ra­ni­um in­ca­num met fyn­ge­sny­de bla­re en lig­pers blom­me.

Mi­ni­a­tuur­ro­se soos ‘An­ti­que Gold’, ‘C­ha­sin’ Rain­bows’ en ‘Green Ice’ groei kom­pak met tros­se klein knop­pies wat prag­tig blom. Maar ont­hou, nie al­le mi­ni­a­tuur­ro­se het ’n kom­pak­te groei­wy­se nie.

Wat­ter blou vir jou?

Plas­con se kleur van die jaar vir 2016 is At­lan­tic Be­ach, ’n sti­mu­le­ren­de en ver­fris­sen­de blou ge­ïn­spi­reer deur die kleur van die see in Bra­si­lië en om­dat dié land die gas­heer­land vir van­jaar se O­lim­pie­se S­pe­le is.

Blou blom­me in die so­mer­tuin skep ’n ge­voel van koel­te en het ’n kal­me­ren­de in­vloed op ’n warm dag. A­ga­pan­te in ska­ke­rings van blou is guns­te­lin­ge vir so­mer­tui­ne, so ook k­ris­mis­ro­se.

Plant pers­blou La­van­du­la pin­na­ta ‘Si­do­nie’ en Sal­via ne­mo­ro­sa ‘May Nig­ht’, ‘Vic­to­ria Blue’ of ‘Black and Blue’ in groe­pe as fo­kus­pun­te in ’n rand­ak­ker. An­der blom­me in ver­skeie ska­ke­rings van blou sluit kom­kom­mer­kruid, Cam­pa­nu­la, Fe­li­cia, He­be, lo­be­lia en Ni­gel­la in.

Ge­ra­ni­um in­ca­num

P­lec­trant­hus

Co­leus Boom­va­ring

Lo­be­lia Fe­li­cia

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.