Tor­til­las met ge­ra­fel­de lams­vleis

Tuis - - IN DIE KOMBUIS -

Ha­ris­sa, ’n brand­ris­sie­pas­ta uit Noord-A­fri­ka, is die ge­hei­me be­stand­deel in dié smelt-in-die-mond lam.

Ge­noeg vir so­wat 12 tor­til­las

• Be­rei­dings­tyd: 40 mi­nu­te

• Gaar­maak­tyd: 3 uur

• Oond­tem­pe­ra­tuur: 170°C

• 600g lams­blad-roos­ter­stuk

• 30ml o­lie

• 30ml wor­ces­ter­sous

• 30ml ha­ris­sa

• 1 blik ge­kap­te ta­ma­ties

• 2 lou­rier­bla­re

• 1 blik ke­ker-ert­jies, ge­spoel en ge­drei­neer

• 2 ei­er­vrug­te, in 5mm dik rin­ge ge­sny

• so­wat 60ml o­lyf­o­lie (op­si­o­neel)

• 12 klein tor­til­las of plat­bro­de (sien blad­sy 114)

• 125ml ge­kap­te plat­blaar­pie­ter­sie­lie

• 125ml pis­ta­sie­neu­te, ge­kap 1 Braai die vleis in die o­lie tot al­kan­te bruin. Sit dit in ’n oond­bak met ’n styf­pas­sen­de dek­sel en voeg die wor­ces­ter­sous, ha­ris­sa, ta­ma­ties en lou­rier­bla­re by. Geur met sout en pe­per, be­dek en roos­ter vir 2 uur in ’n voor­ver­hit­te oond teen 170 °C. Haal die lam uit die oond en laat staan vir nog 40 mi­nu­te. Die vleis moet mak­lik met twee vur­ke uit­me­kaar­ge­trek kan word, dan is dit reg. Meng die ra­fel­vleis te­rug in die sous en voeg die ke­ker-ert­jies by. 2 Ver­hit ’n rif­fel­pan en braai die ei­er­vrug­rin­ge tot gaar. S­prin­kel die gaar ei­er­vrug­sky­we met die o­lyf­o­lie en geur met sout en pe­per.

3 Om saam te stel Braai die tor­til­las al­kan­te in ’n droë pan om dit sag te maak en ver­deel die lam, ei­er­vrug, pie­ter­sie­lie en neute dan tus­sen die por­sies. Sit da­de­lik voor. Hoe­moes en tzat­zi­ki is ’n op­si­o­ne­le ek­stra. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.