Var­knek-bur­ri­to’s

Tuis - - IN DIE KOMBUIS -

’n Bur­ri­to is een van die ve­le na­me vir ’n tortilla wat van twee kan­te om ’n sout vul­sel ge­vou is; die vul­sel be­vat ge­woon­lik óf rys óf boon­tjies (of al­bei). Ge­noeg vir so­wat 6 (hang af hoe vol jy jou pak­kies stop) Be­rei­dings­tyd: 1 uur, maar die moei­te werd! Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te

• 4 var­knek-ste­aks, so 150g elk

• 5ml elk sout en bruin­sui­ker

• 5ml ca­yen­ne­pe­per

• 5ml ge­droog­de o­ri­ga­num

• 5ml fyn kol­jan­der

• skil van 1 suur­le­moen

• 15ml o­lyf­o­lie

• 6 tor­til­las

• so­wat 125ml suur­room

• 250ml tuis­ge­maak­te kool­slaai of slaai­bla­re

• 200g ker­sie­ta­ma­ties, ge­hal­veer

• gua­ca­mo­le en sal­sa vir voor­sit TAMATIERYS

• 15ml o­lyf­o­lie

• 1 klein ui, fyn­ge­kap

• 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­kap

• 1 rooi brand­ris­sie, ont­pit en fyn­ge­kap

• 250ml jas­myn­rys

• 1 blik (410g) ge­kap­te ta­ma­ties

• so­wat 350ml af­trek­sel

• 1 blik (400g) rooi nier­boon­tjies, ge­spoel en ge­drei­neer

1 Be­gin met die rys Ver­hit die o­lyf­o­lie en braai die ui, knof­fel en brand­ris­sie sta­dig daar­in tot die uie glan­send is. Voeg die rys by en roer tot al die kor­rels met o­lie be­dek is. Voeg die ta­ma­ties en af­trek­sel by en laat stoom met die dek­sel op tot die rys gaar is (volg die aan­wy­sings op die pak­kie vir gaar­maak­tyd). Vul die vloei­stof aan in­dien no­dig. Wan­neer dit gaar is, geur na smaak met sout en pe­per en roer die nier­boon­tjies by. 2 Dan die vark Smeer die vleis met die sout en sui­ker, spe­se­rye, suur­le­moen­skil en o­lyf­o­lie. Ver­hit ’n rif­fel­pan tot lek­ker warm en braai die ste­aks tot deur­gaar en goud­bruin aan al­bei kan­te. Dit be­hoort nie lan­ger as 8 mi­nu­te te neem nie, maar hang af van die dik­te van jou vleis. Draai om soos jy goed dink. Laat die vleis vir 10 mi­nu­te rus voor jy dit in hap­pie­groot blok­kies sny. 3 Nou vir die bur­ri­to’s Roos­ter die tor­til­las aan al­bei kan­te in ’n droë pan om dit sag te maak. Smeer met ’n le­pel suur­room en skep dan ’n le­pel kool­slaai daar­op, ge­volg deur die rys, ta­ma­ties en vleis. Vou die tortilla se kan­te in en rol dit op met be­hulp van ’n vel was­pa­pier (draai die pun­te van die pa­pier soos ’n Kers­klap­per). Her­haal met die res van die be­stand­de­le. Sny nou jou bur­ri­to met ’n skerp mes in die mid­del deur – dit ver­ge­mak­lik die eet baie. Ge­niet met gua­ca­mo­le en sal­sa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.