Dié klei­no­de is meer werd as di­a­man­te

Haar kos­baar­he­de is vei­lig – son­der ’n sleu­tel, dan­kie – sê Ri­a­na S­chee­pers.

Tuis - - GERRELD - Ri­a­na ri­a­[email protected]

nNou on­langs moes ek ’n kle­re­kas in my nu­we huis laat in­bou. Toe ek die ont­wer­per se plan­ne kry, sien ek dat daar ook voor­sie­ning ge­maak is vir ’n laai wat so ste­wig kan sluit soos Fort K­nox. Nou ja, die be­wa­kers van Fort K­nox be­weer sy se­ku­ri­teit is on­deur­dring­baar, maar ’n mens won­der da­rem. Selfs die ver­skrik­li­ke Al­ca­traz was ’n plek waar­uit ’n paar roekelose man­ne kon ont­snap. Maar goed, ’n mens moet re­a­lis­ties wees, dis nié ’n sleg­te i­dee om ’n plek te hê waar jy jou waar­de­vol­ste goed kan weg­sluit nie.

Toe die laai met sy slot uit­ein­de­lik in­ge­bou is, moes ek be­sluit wát weg­ge­sluit moet word teen ro­wer en ram­pok­ker.

En toe kon ek nie an­ders as om vir my­self te lag nie. Waar­de­vol? My paar goed­jies?

Dit gaan nie ge­beur nie, want ek nooi nooit die el­len­de uit om met my te ge­beur nie, maar ás ’n dief nou wel een­dag my laai se in­houd vir hom­self kom vat, gaan daar­die skurk maar sleg twee­de kom. Hy gaan nie pê­rels en di­a­man­te kry nie. Ek hét nie pê­rels nie, en die di­a­mant wat ek het, dra ek aan my ring­vin­ger. Hy gaan ook nie geld of wa­pens en am­mu­ni­sie kry nie, want ek hét nie geld of wa­pens nie. As hy die 10-eu­ro-noot en die en­ke­le mun­te wat van my laas­te reis oor­ge­bly het, wil vat, kan hy dit met graag­te doen. Al­les van die bes­te vir hom.

Wat gáán die skurk kry wat met groot moei­te en ver­wag­ting my laai kom oop­breek? Ek sal graag sy ge­sig wil sien as dit ge­beur. Daar is ’n sta­pel­tjie lief­des­brie­we in wat ek en my man vir me­kaar ge­skryf het. So vuur­warm en ge­vaar­lik is daar­die brie­we, ek wil nie hê my kin­ders moet dit in die han­de kry nie. My klein­kin­ders kan dit met graag­te lees – ja­re ná my dood, as­se­blief. Dan kan hul­le maar lag vir die stui­tig­heid van die ou men­se. Óf dink dat hul ou­ma en ou­pa koel was.

Daai skurk gaan ook ’n paar ge­dig­te kry: die ge­dig­te wat ek vir el­ke klein­seun wat ge­bo­re is, ge­skryf het. Wat sal hy daar­mee kan doen? Niks, ek het dit nie vir hom ge­skryf nie.

Wat ook nog in die laai is, is ’n ver­bleik­te vel skryf­pa­pier en ’n klein bok­sie. Die skryf­pa­pier het ’n paar re­ëls op wat vir die skurk niks gaan be­te­ken nie. En as hy die bok­sie oop­maak, sal hy dalk dink dit is leeg. Maar dis nié leeg nie – my waar­de­vol­ste be­sit­ting is daar­in.

Toe ek klein was, het my ou­pa en ou­ma al­tyd ge­sê hul­le is arm, maar hul­le elk­een gaan iets vir die na­ge­slag na­laat wat der­dui­sen­de pon­de werd is. My ma, die oud­ste kind, het uit­ein­de­lik daar­die twee ar­ti­kels ge­kry.

Van my ou­ma het sy haar ge­hei­me re­sep vir gou­e­stroop ge­kry, ge­skryf op ’n en­ke­le vel­le­tjie skryf­pa­pier. ’n Be­ken­de sui­ker­maats kap­py het (blyk­baar) ja­re ge­le­de my ou­ma ’n klein for­tuin­tjie aan­ge­bied om dié stroop­re­sep te koop, mét die voor­waar­de dat sy dit dan nie meer mag kook nie. Nee, het my hard­kop­pi­ge ou­ma ge­sê, my re­sep is my re­sep. Daar­die re­sep is nou in my laai. Maar die re­sep sal al­le kos­men­se laat lag. Want sien, die be­stand­de­le is dood­ge­wo­ne sui­ker, wa­ter, ’n knip­pie kre­me­tart. Die ge­heim van die re­sep is, wel ...

Nee, ek gaan dit nié ver­klap nie. Ek sal dit een­dag aan ’n klein­dog­ter oor­dra.

Die an­der na­la­ten­skap, die bok­sie wat ook nou in my be­sit is, het iets baie gril­le­rigs in. Dis die helm waar­mee my ou­pa­groot­jie ge­bo­re is en wat die vroed­vrou so die skrik op die lyf ge­jaag het. Teen dié tyd lyk dit eint­lik maar net soos ’n bros herfs­blaar wat in ’n boek ge­pers is. Maar vir ein­ste hier­die stuk­kie weef­sel het my ou­pa (blyk­baar) op ’n dag ’n aan­bod van der­dui­sen­de pond ge­kry. Van ’n skeeps­kap­tein. Want sien, daar’s ’n by­ge­loof wat sê dat met só ’n voor­bo­de op ’n skip, dit nooit sal ver­gaan nie. Maar arm soos my ou­pa was, het hy vas­ge­staan en ge­sê: Nee. Wié was die kap­tein? wou ons as kin­ders weet. Die kap­tein van die Ti­ta­nic, het my ou­pa ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.