Ka­ren Dud­ley se kos­ge­dag­tes

Die be­lang­rik­ste maal van die dag is ook die een waar­oor ons die mees­te fie­mies het, sê ons kos­skry­wer, Ka­ren Dud­ley van The Kit­chen in Wood­stock.

Tuis - - NEWS - [email protected]­ren­dud­ley.co.za Skry­wer van A Week in The Kit­chen en A­not­her Week in The Kit­chen.

’ nGoeie brek­fis is ’n seld­sa­me ding. Dis eer­stens ’n toets vir die kits­kossjef: ’n (be­drieg­lik) or­di­nê­re maal wat als ge­lyk­ty­dig warm op die bord voor­ge­sit moet word. Daar’s net so­veel goed wat kan ver­keerd loop!

Deel van die uit­da­ging is juis die een­voud van die maal. Om­dat ont­byt so ui­ters per­soon­lik is (jy eet jou roos­ter­brood sus, jou ei­er so, jou spek ... s­joe!), is dit by­kans on­moont­lik vir ’n vreem­de­ling om dit net reg te kry. Oor din­ge­tjies wat ons sou oor­sien met aand­e­te, word ons vrees­lik pun­te­neu­rig as dit by ont­byt kom. Ons soek ’n crois­sant met per­fek­te deeg­bla­re, goeie kon­fyt en kof­fie; die hol­lan­dai­se oor die Be­ne­dict-ei­ers ro­me­rig en warm.

As jy dus ’n goeie ont­byt­plek raak­kui­er, is dit ’n tri­omf en word dit dik­wels ’n goed­be­waar­de ge­heim. En sal jy keer op keer te­rug­gaan na dié een wat dit pre­sies na jou smaak doen.

Al­mal weet ’n ste­wi­ge ont­byt ver­skaf goeie brand­stof vir ’n werk- of skool­dag. Maar kom ons wees eer­lik: op week­dae is dit maar ’n vin­nig af­ge­sluk­te af­fê­re van granola, ha­wer­mout of Weet­bix, vrug­te en jo­gurt, of kof­fie en be­skuit so in die hard­loop. Maar breek die na­week aan, raak ont­byt iets spe­si­aals wat ag­ter­oor­sit, koe­ran­te en lan­ger in die bed lê voor­spel. Dis ’n ge­leent­heid vir pan­ne­koek, wa­fels en pan­ge­braai­de lek­ker­tes! En vir daai fik­ses wat vroeg­og­gend teen die berg uit stap: Smaak ’n ont­byt­brood­jie en kof­fie uit ’n fles ooit so lek­ker soos doer bo op jou guns­te­ling-rots tus­sen die fyn­bos?

As sjef is ek ge­woond aan hit­te, druk­te, pre­si­sie en maat ter­wyl ek ’n storm los­kook vir ’n ska­re. Dis ’n sto­men­de, al­les­ver­te­ren­de er­va­ring waar­in ek al­les gee. Maar brek­fis is van na­tu­re heel­wat kal­mer en verg ge­duld en be­plan­ning. Dis die be­na­de­ring wat my ge­lief­de soos ’n hand­skoen pas. Ver­al ei­ers re­a­geer goed op sy sorg­sa­me hand (sien my me­to­de vir ro­me­ri­ge, dro­me­ri­ge ei­ers oor­kant). Hoe sa­lig is dit nie vir ’n sjef om dié in­tiem­ste van al­le maal­tye aan ie­mand an­ders te kan oor­laat nie! Hoe ro­man­ties om el­ke na­week aan die ont­vang­kant van so ’n be­derf te wees. Hy voer sy sjef se ne­de­ri­ge ver­soek om dun, kra­ke­ri­ge roos­ter­brood en per­fek­te ei­ers sorg­vul­dig uit met lief­de­vol­le me­to­diek.

Die wa­re ro­man­se is na­tuur­lik dat dié toe­ge­wy­de daad ge­reeld oor na­we­ke plaas­vind, son­der ge­doe. “Kof­fie­tjie vir jou, my lief?” bied hy klok­slag aan.

Ek nooi dik­wels men­se vir ont­byt op ’n Son­dag­og­gend, pleks van aand­e­te, want dis rus­ti­ger en min­der moei­te. Dis ’n lek­ker maal­tyd waar­ty­dens jy he­le ge­sin­ne kan ont­haal, want al­mal eet die­self­de ding en nie­mand is ge­pla oor slaap­tyd nie. Ek vra my gas­te om sap en vrug­te te b­ring, en stuur die kin­ders om warm, taai koe­sis­ters by Su­ra­ya on­der in my straat te gaan haal. In die so­mer sny ek graag ’n koue, soet span­spek in sky­we (my guns­te­ling) of sit ’n groot bak aar­beie of ker­sies op die ta­fel. As ek die dag al­les ag­ter­me­kaar het, maak ek a­man­del-crois­sants en ap­ple­te­ria – ’n soe­tig­heid van ap­pel, jo­gurt, granola, da­dels en a­man­dels. Ons lees koe­rant en ons ge­sels. La­ter kies een koers na die hang­mat­te toe ter­wyl die res on­der die spik­kel­ska­du van die lu­kwart­boom lui­er ...

Sa­lig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.