Ag­ter­blad Ri­a­na S­chee­pers ge­sels

Wie weet wat­ter paaie ’n mens ag­ter jou hart se punt sal aan­loop? Ri­a­na S­chee­pers ver­tel van twee ...

Tuis - - NEWS - Ri­a­na ri­a­[email protected]

iIn Fe­bru­a­rie, die warm­ste maand van ons so­mer, vier ons die lief­de. Ons sal ge­noeg kry van rooi ro­se, sjo­ko­la­de, sjam­pan­je, ver­lei­de­li­ke on­der­kle­re – daar­die lap­pies fyn­goed wat ál­le vroue moet dra – aar­beie en oes­ters en al­les wat ons met die lief­de as­so­si­eer. Maar lief­de is nie net die rooi­warm harts­tog en die e­ro­tie­se lief­de van twee be­min­des nie. Die lief­de kom, soos die dig­ter ge­sê het, in ’n dui­send ge­daan­tes. En die lief­de laat haar nooit voor­skryf nie.

Twee sto­ries wil ek ver­tel. Nie een het te doen met die e­ro­tie­se lief­de tus­sen twee men­se nie, maar ... tog wel?

’n Jong kuns­te­naars­vriend ver­tel my die sto­rie van sy ou­pa en ou­ma. Sy ou­pa was ’n Ier wat ty­dens die Twee­de Wê­reld­oor­log by die Ge­al­li­eer­de Mag­te aan­ge­sluit het. In een van die bloe­dig­ste sker­mut­se­lings van die oor­log word hy erns­tig ge­wond. Hy be­land in die be­ken­de Vic­to­ri­a­s­ta­sie in Lon­den wat as ’n hos­pi­taal in­ge­rig word – sy prag­ti­ge, jeug­di­ge ge­sig on­her­ken­baar ver­mink deur skrap­nel. Tog, al veg die jong Ier om sy le­we, en al is hy ver­mink, raak ’n ver­pleeg­ster wat hom sorg­saam ver­pleeg, ver­lief op hom. Om­dat sy gees so on­blus­baar en aan­trek­lik is soos al­tyd. Die ver­pleeg­ster is ver­loof aan ’n an­der man, maar ná ’n paar maan­de ver­breek sy die ver­lo­wing, want sy weet dat sy die lief­de van haar le­we, en haar hart, ont­moet het. Al is hy ’n ge­sken­de man. Is dit wa­re lief­de? Na­tuur­lik. Ná die oor­log be­sluit die ver­pleeg­ster en die her­stel­len­de sol­daat om saam weg te loop. Hul­le k­lim op ’n skip Aus­tra­lië toe, waar die ver­pleeg­ster fa­mi­lie het.

Het hul­le be­sluit dat En­ge­land ’n plek van droef­nis is, of het hul­le ge­vlug van ’n ja­loer­se eks-ver­loof­de? Dalk ou­ers wat nie die ver­hou­ding goed­keur nie? Nie­mand weet nie, maar op die skip word hul­le deur die skeeps­kap­tein in die hu­we­lik be­ves­tig.

In Kaap­stad sal hul­le ’n paar dae oor­bly voor­dat die skip ver­der vaar, Aus­tra­lië toe. Maar dit ge­beur toe nie soos hul­le be­plan het nie. Toe Ta­fel­berg in die ver­te soos ’n vi­si­oen uit die mis op­doem en Kaap­stad al hoe na­der kom, ver­loor die jong bruid haar hart vir ’n twee­de keer. Dié keer op ’n berg, ’n stad, ’n land.

Hier, sê sy vir haar jong brui­de­gom, net hier bly ons. Hier­die plek sal ons weer ge­sond maak.

En dit hét ook. Daar­van is haar prag­ti­ge klein­seun die skit­te­ren­de ge­tuie.

Die an­der lief­des­ver­haal wat ek wil ver­tel, is eint­lik een van die hart­seer­ste ver­ha­le wat ek ken.

’n Vrien­din van my trou ja­re ge­le­de met die man van haar hart. Hul­le is jonk en ver­skrik­lik ge­luk­kig, en nóg ge­luk­ki­ger toe hul seun­tjie ge­bo­re word. Toe die seun­tjie drie jaar oud is, sterf sy pa in ’n mo­tor­on­ge­luk. Daar is net één ma­nier waar­op sy hier­die tra­ge­die kon oor­leef, ver­tel my mooi vrien­din vir my, en dit was haar be­sluit om haar kind so nor­maal en ge­luk­kig moont­lik groot te maak.

Be­dags word die klein­tjie deur ’n op­pas­ser ver­sorg ter­wyl sy tot bloe­dens toe werk om die pot aan die kook te hou. Maar vroeg­aand, wan­neer sy dood­moeg by die huis kom, dan doen sy wat die klein rak­ker­tjie die graag­ste wil doen, en dit is om saam met sy ma fiets te ry. Die kna­pie word in ’n rug­sak­kie op sy ma se rug vas­ge­maak, en dan ry hul­le. Hul­le ry, ’n vrou wat veg om oor­le­wing, en ’n lag­gen­de seun­tjie op sy ma se rug, deur die win­ger­de van die Bo­land, op plaas­paaie ver­by dam­me vol wa­ter­blom­me­tjies, in berg­klo­we met stro­me wat sing. Op die mooi­ste plek wat sy kan kry, stop hul­le. Hul­le eet die aand­e­te wat sy saam­ge­bring het. Sy maak vir hom die lek­ker­ste piek­niek. Sy kyk hoe hy op sy wag­gel­been­tjies rond­hard­loop en vir haar klip­pies en den­ne­bol­le op­tel.

Wan­neer hul­le te­rug­ry, raak die klein seun­tjie moeg teen sy ma se rug aan die slaap. By die huis bad sy hom, sit hom in die bed en sing hom droom­land toe.

En eers dán laat sy toe dat die droef­nis oor en die ver­lan­ge na haar man oor haar spoel.

Die le­we loop sy pad met ons al­mal. Mis­kien is daar­die pad mak­li­ker as ons weet dat die lief­de, in wat­ter ge­daan­te ook al, die dryf­veer is?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.