’n Le­ser se pri­eel vir net R6000

Piet S­teyn en sy fa­mi­lie is reg­te bui­te-men­se. As die weer reg is, kui­er en eet hul­le graag hier on­der die pri­eel wat uit­kyk oor die koel wa­ter van hul swem­bad.

Tuis - - NEWS - Deur Mar­gaux Tait • Foto’s Fran­cois O­ber­hol­ster As­sis­tent-sti­lis en mo­del No­le­ne van S­ta­den

Hier op die Ze­ven­dal-land­goed in Kuils­ri­vier bui­te Kaap­stad kry jy Piet, die land­goed­be­stuur­der van die na­bu­ri­ge Ze­ven­zicht, en sy men­se dik­wels bui­te. Maar die kaal kol – boon­op vol in die son – langs die swem­bad in hul ag­ter­plaas was ’n groot kop­seer. Nie net was dit warm nie, vir Piet was die ruim­te on­af­ge­rond. Toe be­sluit hy ver­le­de jaar om dié vry­staan­de pri­eel op te rig. En hy was nog nie ’n oom­blik spyt nie.

Die pri­eel gooi ’n sag­te ska­du­wee oor sy tuin­meu­bels, wat hul leef­tyd gaan ver­leng, maar meer nog: Sy meu­bels het nou “’n tuis­te” – hul­le staan nie net rond nie. En die S­teyns ge­bruik die ruim­te rond­om die swem­bad meer as ooit te­vo­re.

“En dit het waar­de tot my ei­en­dom toe­ge­voeg,” sê Piet.

Die struk­tuur is van be­han­del­de den­ne­hout. Dis veel goed­ko­per as hout soos me­ran­ti, maar tog be­stand

teen die weer.

Sin vir hu­mor

Piet het op ’n pri­eel be­sluit aan­ge­sien bo­me te lank sou neem voor dit vol­doen­de ska­du gooi. Hy wou in ie­der ge­val nie bo­me te na aan sy swem­bad hê nie – dit mors bla­re in die wa­ter en die wor­tels kan ’n pro­bleem wees.

Uit die op­tel­goed en ou tuin­werk­tuie wat hy teen die grens­muur uit­stal, is een ding dui­de­lik: Die huis­baas het ’n sin vir hu­mor.

’n Em­mer dien as lamp­skerm on­der sy pri­eel. Vra jy hom uit daar­oor, sê hy vin­nig met ’n glim­lag: “Ek dink ek het die i­dee in Tuis ge­sien.”

Vir Piet se doel­ein­des is CCA-be­han­del­de hout vol­doen­de. CCA ver­wys na die ko­per, chroom en ar­seen in die meng­sel waar­mee die hout deur­drenk word; dit gee die be­han­del­de hout ’n lig­groen kleur. Af­han­gend van waar en waar­voor die hout ge­bruik gaan word,...

Piet ge­bruik deur­gaans rooi as fo­kus­kleur in sy tuin. Dit be­gin by sy rooi ro­se en word deur­ge­trek na an­der de­kor-e­le­men­te soos dié ven­ster­raam wat ’n tref­fen­de fo­kus­punt teen ’n an­der­sins leë muur maak. Piet se pri­eel het hom R6000 uit die...

VER­SKAF­FERS MRP Ho­me 0800 212 535, mrp­ho­me.com PG Han­dy­man 082 334 3600 Wey­landts 0860 103 400, wey­landts.co.za Wool­wort­hs 0860 022 002, wool­wort­hs.co.za

Piet sê hy’s lief om sy plan­te te meng vir ver­skei­den­heid. “Ek het net ’n klom­pie hoog­stam­ro­se by­ge­plant vir ’n bie­tjie hoog­te en meer kleur.” Hier groei ook P­hi­lo­den­drons (heel links), fuch­si­as (on­der, twee­de van links) en kat­stert­va­rings (on­der,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.