Hal­lo!

Ek won­der al­tyd as ’n mens moet raai wat goed kos, hoe­veel keer jy reg sal wees.

Tuis - - NEWS -

Ek skat ’n ma (of as Pa die kos­ma­ker in die huis is) ken pre­sies die prys van ’n brood, en ’n 2-li­ter-bot­tel melk. ’n Kra­ni­ge tui­nier sal jou se­ker­lik gou kan ver­tel wat ’n sak pot­grond kos. En as jy ’n huis­op­knap­per is, weet jy se­ker wat ’n sak se­ment jou uit die sak kan jaag, of ’n bak­steen …

Maar skryf tien al­le­daag­se huis­hou­de­li­ke ar­ti­kels se na­me neer op pa­pier en laat tien men­se rond­om jou raai wat daar­die bot­tel skot­tel­goed­seep kos, of die pak sui­ker, of die hon­de se kos, en ie­wers gaan ie­mand se oog be­gin spring van span­ning, en ie­mand an­ders dalk af­sien van die twee­de le­pel sui­ker in hul og­gend­kof­fie. Hoe ook al, min men­se gaan vir jou pre­sies kan ver­tel wat als kos. Al wat ons weet is: Die “slip­pie” uit die krui­de­niers­win­kel se kas­re­gis­ter raak ál kor­ter, en die to­taal ál gro­ter.

Ek oor­weeg dit nou om by my huis ’n pri­eel op te sit. Die bou­er sê dis ’n vin­ni­ge jop­pie; ek moet so­lank die hout kry. Maar toe ek be­gin bel – Paul, die bou­er, sê ons móét me­ran­ti ge­bruik – be­sef ek hoe duur hout werk­lik is. Am­per R2 000 per balk (da­rem die 3 m-leng­tes, ek sou dit kon deur­saag, maar steeds). Hoe het ek my dan nou so mis­gis?

Die kort van die lank is, ek sit nou maar in die son. Of wag dat die ska­du­wees saans lan­ger raak. Maar toe land ’n le­ser, Piet S­teyn, se brief by ons. Daar­in ver­tel hy sy pri­eel (op blad­sy 96) was ’n ska­me­le R6 000. Dis na­tuur­lik nog steeds ’n klomp geld, maar heel­wat min­der as wat die hout al­leen vir my­ne sou kos. Hy het be­han­del­de den ge­bruik – nou toe nou …

In sy brie­fie skryf hy sy plan was nooit dat dit in die tyd­skrif ge­wys word nie; hy wou eint­lik iets sê oor sy ro­se. Maar toe sien ek die pri­eel raak – kyk net hoe lek­ker.

Fe­bru­a­rie­maand is al­tyd die uit­ga­we waar­in ons die op­knap­pro­jek­te van ons Reg­ruk met Flair-wen­ners wys. Ook hul­le is men­se wat kan sen­te om­draai. Soos el­ke jaar is die re­ëls dui­de­lik: Jy moet 60% van die werk self ge­doen het. En ons top-drie is geen uit­son­de­ring nie.

Ons wen­ners se sto­rie is so aan­gry­pend. Hoe hul­le die am­per on­moont­li­ke bin­ne net 7 we­ke reg­ge­kry het; ’n pa wat al­les op die spel ge­plaas het om let­ter­lik ’n dak oor sy ge­sin se kop te kry. Die be­oor­de-laar­spa­neel was skoon aan­ge­daan. Ons het am­per 2 uur lank ge­sels daar by die wyn­land­goed Spier in S­tel­len­bosch toe die fi­na­le be­oor­de­ling ge­doen is. Gaan kyk op bl. 18 hoe het hul huis uit die as ver­rys.

Ge­niet ook die naas­wen­ners se pro­jek­te. En ter­wyl ons nou in reg­ruk-mo­dus is, die drie in­spi­re­ren­de verf­pro­jek­te op bl. 54 wys jy hoef nie te bou en te breek as jy wil mooi­maak nie.

Lek­ker tim­mer, tuin­maak, kook, lees en droom! Tot vol­gen­de maand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.